Thursday, February 12, 2009 ~ 0 Comments

Idols fight is funny

Daar is n interesante paar emails tussen die editor van 2oceansvibe.com en 2 van die judges van die Idols kompetisie hier in Suid Afrika. As jy nog nie gehoor het daarvan nie en jy wil dalk jou gat af lag, gaan lees meer daaroor hier. Ek geniet dit nogal om die daglikse verwikkeling rondom die situasie te volg. Die Seth is duidelik nie iemand wat jy moet probeer rondfok nie, want hy gaan jou heel waarskynlik n grote in die hol gee!

Almal post altyd al hierdie mooi foto's van Tafelberg en Cape Town op hulle blogs, en hier sit ek in Mpumafokenlanga, en al wat ek sien is plat velde, fabrieke en reen! Ek dink nie iemand het al ooit n foto van enige iets hier geneem en wat interesant was nie. Miskien dalk oor n plaas-moord of iets, maar dis maar dit, nie dat mense dit graag wil sien nie.

Hier is die top 5 goed (Volgens my) wat uit Mpumalanga uitkom!

  1. Staal
  2. Chroom
  3. Mielies
  4. Alcoholics
  5. Geskeide Vrouens

Befok!