Monday, February 2, 2009 ~ 0 Comments

Oi!

Righto, ek post van die comfort van my couch af in my splinter nuwe blyplek. Ja mense, dis reg, ek het getrek vanaf Party Palace en bly nou op my eie! Weg is die dae van groot parties, swem, slegte bediendes, lelike vloekwoorde, PS3 gaming marathons, drank, doos en alles wat daarmee gepaard gaan! Ek is nou n lone wolf op n tight budget. Snaaks hoe die lewe uit draai.
Ek wou n bietjie TV kyk in plaas van blog, maar ja, ek het ook nie meer DSTV nie en my TV vang nie een enkele kanaal op nie! Dank vader ek het al daai series en movies wat bra CS vir my in die hande kry! Hier waar ek nou sit, 8:30 in die aand, het ek al klaar skottelgoed gewas, 2 bondels wasgoed gedoen, n paar stukkies paving gele en kos gemaak. Ek dink dis fokken well done en ek dink ek verdien n aplous! Ek is tien teen een die luiste fokker op aarde, so dit wil gedoen wees. Ek kry nie eers meer kans om my gunsteling stokperdjie, slaap, te beoefen nie!
Op n ligter noot het die hele getrekery darem ok afgeloop. Dankie aan bra CV wat my kom help het met die heavy lifting. Net jammer jy het elke ding waaran jy gevat het opgefok!
Die hele trek ding het gemaak dat ek MPH gemis het, en my girlfriend was rerig afgepis met my daaroor. Props to my ho coz she fly! Sy het haar naweek opgeoffer om my te kom help trek, en ek dink dit is befok van haar. Syabonga baba.
Anyway, ek dink ek gaan nou n chocolate brownie eet, of dalk n stukkie spanspek, of dalk altwee. Wie weet, dalk gaan ek sommer gou die plek mop...