Friday, February 27, 2009 ~ 1 Comment

Trou

Ek wonder of ek eendag gaan trou. Ek het nou net besef dat ek die laaste tyd baie geld spandeer aan trou geskenke vir vriende wat trou, en dat ek dalk nooit enigsins profit op my investments gaan sien nie! Ek meen, ek is al 28 en my tyd raak min. En die kaans dat n vrou met n ou wil trou wat meer gepla is oor sy Guitar Hero skill en sy online Call Of Duty ranking is nie juis groot nie. En ek sien nie dat dit sommer vinnig gaan verander nie!

So hier is my ultimatum aan al my vriende, en spesifiek die wat al getroud is en waar ek by die troues was. As ek 35 is en nog ongetroud is, gaan ek kom kollekteer! As ek dan nog nie getroud is nie, is die kaanse skraal dat dit wel gaan gebeur. So come 35 soek ek deponeerings van julle almal af! En moet nie maak of jy nie daarvan weet nie, want ek gee altyd geld. Nie baie oorspronklik nie, maar baie effektief!

Ons kan altyd reel vir PS3 games en accessories in plaas van geld, maar dit sal vooraf bespreek en gereel moet word. En moenie eers probeer om daai stuk kak persent wat jy by iemand anders op jou troue gekry het aan my af te smeer nie!

Keep it real!



1 Response to "Trou"

  1. gravatar
    Anonymous January 25, 2011 at 1:56 AM Permalink

    I love calliegesels.blogspot.com! Here I always find a lot of helpful information for myself. Thanks you for your work.
    Webmaster of http://loveepicentre.com and http://movieszone.eu
    Best regards