Thursday, July 24, 2008 ~ 0 Comments

Dude, where is your brain? (Part 2)

OK, right. Ek is nie juis veel geinteriseerd in politiek nie, en ek lewer nooit intiligente komentaar as dit daarby kom nie (Daar is al baie vir my gelag oor my uitlatings!), maar ek respekteer die opinie van my vriend CS en ek dink dis nodig om dit te deel. Dis wat hy tesê het oor deel 1:

Hi bra, kom ek gee jou gou my 2 cents oor daai ou.

Ek dink dat hy deel is van 'n groep, vir nou weerhou ek om te sê generasie ek sal terug kom daarna, wat totaal in al voel dat hulle die reg het om te doen net wat de fok hulle wil. Dis asof hulle dink dat SA hulle skuld, en veral die wit mense. Hierdie groep mense is ook totaal en al lojaal teenoor JZ. As gevolg van die oordonderende ondersteuning vir hom, is dit vir my asof die ander swart mense apolities raak, en net nie om gee nie. Baie van die jonger swart mense by my werk verdien baie geld, en is hoogs opgevoed. Hulle sentiment is dat hulle nie vir JZ stem nie, maar daar is nie iemand anders om voor te stem nie, dus stem hulle nie. Niemand van die ander swart mense staan op teen hierdie JZ faksie nie, en dit is iets wat ek nie kan verstaan nie. Ek dink ou Thabo het 'n guldige geleentheid gehad om 'n legacy te hê as 'n Renaissance Afrika leier. Iemand wat teen die verkeerde opstaan, iemand wat teen sy mense opstaan, iemand wat regtig Afrika deel maak van die wêreld, maar nee hy is ook ewe skielik bang. Tot Madiba sê fokôl. Regoor die wêreld word hy geprys, en ons moet ook seker dankbaar wees hy was nie soos Julius Malema nie, anders het ons lankal aan die "stake" gebrand. Dit is oral, die enigste groep mense wat miskien opstaan is die mense van die “constitutional” hof. Maar dan weereens word hulle gebrandmerk as mense wat teen die sogenaamde resistance fight.

Terug na daai kont Julius Malema toe. Hy saam met daai Vavi ou van COSATU, is belaglik. Hulle sal sorg dat ons nog 'n regte Afrika land word. Ek dink, of kom ek sê ek hoop hulle het die moed om JZ skuldig te vind. Ek dink daar gaan groot kak kom as hulle dit doen, maar dan hoop ek mense soos Cyril kan opstaan vir ons arme mense in hierdie land.

Ek het al baie gedink oor hoekom ek van George W hou. Orals in die wêreld word hy as 'n groot vet kont gesien, maar ek hou vol by my ondersteuning. Ek dink ons het 'n leier soos hy nodig. Hy voel 'n fok vir ander lande. As hulle hom bietjie kak gee, of sy pa, dan bom hy sommer die kak uit hulle uit. Imagine as ons so leier gehad het, iemand soos Mugabe kont hier langsaan sal nooit 'n woord inkry nie. As hy sy eie mense met geweld hanteer, dan sou ons sommer die army instuur. As ons so leier gehad het, sou ons die beste mense in elke staats departement gehad het. Die een ding van hom, is dat ek mense aanstel wat leiers op hulle veld is. Imagine, iemand wat weet wat om met Eskom te doen, iemand wat weet wat om met binnelandse sake te doen, iemand wat weet hoe om vir hulle mense huise te gee, iemand wat weet hoe om goeie gesondheidsdienste in plek te stel, en iemand wat weet hoe om die misdaad in hierdie land reg te ruk!