Tuesday, March 31, 2009 ~ 0 Comments

Rape

Gisteraand het daar n alien uit space uit gekom en op n manier in my huis in gekom! Hy het gegaan en my foon se alarm afgesit sodat ek vanoggend laat moet wees vir werk! (Was so laat ek kon nie eers behoorlik my hol was nie! 0 - 100 in 5 minute flat! Nuwe persoonlike rekord)
Hy wou seker gehad het ek moet die oorblywende pyn van die anal probe afslaap. Die fokker gaan toe voort om allerhande eksperimente en shit op my te doen, en dit terwyl ek slaap. Dis soos rape, maar nie dieselfde nie. Ek kon nie nee sê nie want ek het nie geweet dit gebeur nie.
Anyway, ek het nie baie bewyse om hierdie accusations te staaf nie, maar daar moes iets gebeur het want vandag eet ek sommer 4 biltong buns op. Nou hoe de fok werk dit? Ek het nog nooit meer as 2 buns geeet nie! Ek dink daar is n klein baba alien in my maag, want hy lyk n bietjie geswel en ek eet so baie.
So as mense jou vra hoekom ek so dik lyk en hoekom is my maag so groot, sê net “hy verwag n klein alien! Hy is nie dik nie. Hy het n sexy body! Dis nie sy skuld hy is gerape deur n alien nie.”

~ 1 Comment

'n Grappie

After having their 11th child, a Brakpan couple decided that was enough.
So the husband went to his doctor and told him that he and his wife didn't want to have any more children...

The doctor told him that there was a procedure called a vasectomy that was expensive (for people staying in Brakpan paying more than R50 for anything other than booze, car accessories or sound system is expensive).

A less costly alternative, said the doctor, was to go home, get a cherry bomb (fireworks are legal in Brakpan), light it, put it in a beer can, then hold the can up to your ear and count to 10! The man said : "Ag, yunna, I may not be the cleverest oke in the world, but I don't see how putting a cherry bomb in a beer can, next to my ear, is going to help me."
"Trust me," said the doctor...

So the man went home, lit a cherry bomb, and put it in a beer can. He held the can up to his ear and began to count: "One, twooo, freee, fooorrr, fiiiive," at which point he paused, placed the beer can between his legs, and resumed counting on his other hand!!!

This procedure also works in: Boksburg, Springs, Bronkhorstspruit, Primrose, KemptonParkWest, Kriel, Randfontein, Brits, Orkney, Klerksdorp and the Bluff.

Friday, March 27, 2009 ~ 0 Comments

Microsoft vs Apple

Microsoft se ad campaigns is so stupid soos hulle produkte. Apple se shit rock out with its cock out! Ek kan nie wag om te upgrade en n iPhone te kry nie! Anyway, check hulle stupid kak hier uit. Ek het nuus vir hulle. As jy sê jy is nie cool genoeg vir n Mac nie, dan is jy nie! Losers!

Anyway, doen hierdie post van my stupid Windows pc af, want die plek vir wie ek werk wil nie Mac's koop nie. Losers!



~ 0 Comments

Twitter soek geld

So dit lyk of Twitter nou bietjie geld wil maak uit hulle produk uit. Ek hoop hulle kry dit reg om n decent model aanmekaar te sit. Ironies dat n ding wat miljoene keer n dag gebruik word geen geld kan maak nie. Shame

Hier is die artikel oor die hele storie.

Hier is n paar cool ouens om te volg.

Thursday, March 26, 2009 ~ 0 Comments

Nog een

Hierdie een van FML was my lag vir die dag!

Today, I was arrested because my 6 year old son called the police saying that I was hitting my wife and that she was crying. My wife and I were having sex. FML

~ 0 Comments

SA vs AUS

Net incase jy nie mooi kan onthou nie, die interesante deel van die krieket tussen SA en Australia begin more. Met interesant bedoel ek die Pro20 deel van die reeks. Niks van daai boring op die gras sit, dronk word en fucked up brand vir 5 dae kak nie! Hier is die fixtures vir die res van die skaap naaiers se toer hier ins ons awesome land:

27-03-2009 Pro 20 Liberty Life Wanderers Stadium Johannesburg 18:00
29-03-2009 Pro 20 SuperSport Park Centurion 18:00
03-04-2009 ODI Sahara Stadium Kingsmead Durban 14:30
05-04-2009 ODI SuperSport Park Centurion 10:00
09-04-2009 ODI Sahara Park Newlands Cape Town 14:30
13-04-2009 ODI Sahara Oval St. George`s Port Elizabeth 10:00
17-04-2009 ODI Liberty Life Wanderers Stadium Johannesburg 14:30

~ 0 Comments

Rrrrt!

Gister gaan loop ek n draai deur die dorp saam my liefste moeder. Daar by die robot by die poskantoor wil ons toe die pad oorsteek. Mnr Boy Baloy trek hier voor ons saam ons weg toe die lig groen word en daar gaan ons. In die middle van die pad gee die knaap die hardste fokken poep wat ek nog ooit gehoor het. Ek dog die aarde is besig om oop te breek! En hier staan ek en moeder in die middel van die pad, trapped. Ek begin toe te lag, want ek meen, wat de fok moet ek anders doen? My ma kyk eers na my met piering ogies en bars toe ook maar uit van die lag. Lang storie kort, die man se poep het amper gemaak dat ek in my broek skuit van die lag, one time! En ek dink hy is 70 jaar oud of iets.
Dis snaaks dat sulke ou mense nog so baie kompressie kan opbou…

Wednesday, March 25, 2009 ~ 0 Comments

'n Grappie

My grappie vir die dag is die IEC (Independant Electoral Commission) Link

Kom aan, lag saam. Jy weet jy wil.

En as jy nou rerig lekker wil lag, gaan kyk bietjie hoe lyk hulle website.

Tuesday, March 24, 2009 ~ 2 Comments

FMG

Die FUCK MY LIFE website het my laat dink aan n goeie idee. n Eg Suid Afrikanse idee. In plaas daarvan om n persoonlikke situasie gebruik, gebruik eerder n alledagse outjie wat eintlik nie veronderstel moet wees om te gebeur nie, of iets wat jou so sleg laat voel omdat dit jou land is en jy niks daaran kan doen nie.

n Paar vinnige voorbeelde:

Vandag was ek uit n bus uit gepluk en amper met rubber bullets geskiet omdat fuked up taxi drywers besluit het die Bus Rapid Transit system gaan hulle nie pas nie. - FUCK MY GOVERMENT!

Vandag het ek so skaam gekry toe die Deli Lama nie n visa toegeken is om te kom praat oor hoe die sokker wêreld beker gebruik kan word om vrede te bevorder nie. - FUCK MY GOVERMENT!

Vandag was my aansoek vir n posisie by firma afgekeur omdat dit n affirmative action possisie is en omdat ek blykbaar nie affirmative genoeg is nie, met ander woorde ek is die verkeurde kleur. - FUCK MY GOVERMENT!

Vandag het n krimineel wat vir 15 jaar in die tronk moes sit na 2 jaar uitgekom omdat hy kwansys siek is. - FUCK MY GOVERMENT!

Vandag moes ek 2 nuwe bande koop omdat die pad na my werk nou al vir so lank as wat ek kan onthou vol gate is - FUCK MY GOVERMENT!

Ek dink jy kry die idee. Voel vry om jou eie FMG's in die comment box te los!

~ 0 Comments

'n Grappie

Die graad 6 juffrou vra vir die klas, "Watter deel van die mens se liggaamvergroot na tien keer sy normale grootte wanneer dit gestimuleer word?"
Niemand antwoord totdat Marie opstaan en sê, "Juffrou mag nie sulke vrae virgraad sesse vra nie. Ek gaan my ouers vertel en hulle sal die hoof vertel enhy sal jou wegjaag."
Die juffrou ignoreer haar en vra weer die vraag.
Marie sê vir die kinders om haar, "Sy gaan in groot moeiliheid wees."Die juffrou ignoreer haar nog steeds en vra, "Wil niemand antwoord nie?"
Jannie staan huiwerig op en sê, "Dit is die pupil van die oog.""Baie mooi Jannie," sê sy terwyl sy na Marie draai en voortgaan, "en vir joujonge dame het ek drie goed te sê.
Eerstens het jy vuil gedagtes, tweedenshet jy nie jou huiswerk gedoen nie, en derdens gaan jy eendag baie, baietelleurgesteld wees."

Monday, March 23, 2009 ~ 1 Comment

Fuck my life

Vandag toe kom ek op die website Fuck my life af. Baie interesant. Weet nie eintlik of dit reg is van my om so oor ander mense se misfortunes te lag nie.

Net om jou n idee te gee;

"Today, I was setting up my laptop's fingerprint scanner. It worked, but in the name of science, I decided to put my penis on it to see if it could recognize it. When I was trying to login via my penis print, my mom walked in. FML"

Weet nie vir n fok hoekom die text blou en underlined is nie! Seker maar omdat ek dit van die website af gesteel het. Anyway, daar is baie meer van hierdie tipe goetertjies daar. Check it out.

~ 0 Comments

Die Heuwels Fantasties

Die Heuwels Fantasties se album het uiteindelik gedrop en dit is fokken awesome! Ek het die album nog net so 2 keer deur geluister en ek moet sê dit wat ek gehoor het is awesome! Ek gebruik nou wel die woord awesome 2 keer in n ry, maar dit is net om jou te laat besef hoe awesome dit is!

Members:
Hunter Kennedy
Pierre Greeff
Johnny de Ridder

Genre:
Electronic

Record Label:
Supra Familias

Daar is n paar guest appearances op die album. Mense soos Francois van Coke en Jack Parrow dra by, asook n paar ander.
Die Jack Parow song is n song waar hy kletsrym en vloek, volgens die cd sleeve, aweh!
Ek dink elke ou wat van goeie Afrikaanse musiek hou sal die album like. Dis n vars idee met n vars klank vir mense wat lus is vir iets anders.
Gaan kry die cd sommer nou. Ek dink tans gaan die cd net by Musica's landswyd verkoop word, en daarna behoort jy dit seker by meeste ander major record stores te kry.

~ 0 Comments

Awesome naam!


Friday, March 20, 2009 ~ 0 Comments

...

Ja jong, dis weer daai tyd. 4 maande terug all over again. Ek gaan nie weer bitch en moan oor alles nie, ek gaan dit self handle. (Ook nou baie verander) Ek wil net een ding nog sê;

Ek wil graag onverskoning vra aan elke girl wat ek nog ooit gedate het.

Ek is jammer dat ek julle nooit meer kon gee nie.
Ek is jammer dat ek nie my gevoelens gedeel het nie.
Ek is jammer dat ek nie meer moeite gedoen het nie.
Ek is jammer dat ek amper nooit ernstig kon wees nie.
Ek is jammer dat ek nie meer jaloers kon wees nie.
Ek is jammer vir die manier hoe ek altyd die einde hanteer.
Ek is jammer dat ek so baie games speel.
Ek is jammer dat ek so min bel of sms.
Ek is jammer dat dat ek nie n beter ou kon wees nie.
Ek is jammer.

En AvZ, ek is jammer dit moes uitdraai soos dit het. Nie jou skuld nie. En jy beteken meer vir my as wat jy dink…

~ 0 Comments

My Nuwe T-Shirt

Hier is n pic van my nuwe t-shirt wat ek bestel het.



~ 0 Comments

Rare Star Wars Toy


Friday, March 13, 2009 ~ 0 Comments

Quote

"Tina Fey is a handsome woman and I can tell she knows that.
Mickey Rourke would seem to think that he's a handsome woman as well. He's not."

- Christopher Walken

~ 0 Comments

Volg hulle!

http://twitter.com/cwalken

http://twitter.com/markhoppus

Dis al!

Thursday, March 12, 2009 ~ 0 Comments

'n Grappie

Meraai is 'n groot Stormers fan. Net die anner dag laat sy vir haar 'n tattoo maak op elke binnebeen. Schalk Burger op die een been en Ricky Januarie op die ander.Toe sy vir Gatiepie op straat raakloop lig sy haar rok op en sê: "Kyk hie! Mooi nê! Kan jy raai wie's wie?"Gatiepie het die storie so gekyk en toe sê hy: "Ek wietie so mooi vannie twee ouens oppie kantie, ma die een innie middel is beslis Luke Watson."

[Thanks Babe]

Monday, March 9, 2009 ~ 2 Comments

My huidige nemesis is nie die bar room boelie of die stalker bitch wat soos n man lyk nie, nee, dis iets baie erger. Dis daai klein dingetjie wat my GF duidelik nie sonder kan lewe nie!

Net om jou beter te laat verstaan wat ek bedoel, gaan ek n stukkie uit Snatch uit quote:

Do you know what "nemesis" means? A righteous infliction of retribution manifested by an appropriate agent. Personified in this case by an 'orrible cunt... me.

Nou in my geval is dit personified as meneer Samsung G800. Die fokker is alewig saam, orals! Hy is saam in die bed, hy is saam by die cinemas en hy is saam in die kar. Dis die saam in die kar deel wat my die meeste afpis, want hy sit immers my lewe in gevaar. Ok, die saam in die bed deel ook, want as ek wil freaky raak wil ek nie eers wag vir n delivery report vir die sms aan Sanny Whatserface nie! Ek wil my freak aansit en ek wil dit nou doen dammit! (Ek is nie meer jonk nie en my freak hou nie meer lank nie!)

Om terug te kom na die kar deel toe. Daar word nie op die pad gekonsentreer nie. Daai foon sal nie toet sê terwyl hy by die huis op die kas lê nie, maar wag tot jy in die fokken kar klim, dan is dit asof die wêreld aan kom! Dan wil elke mens op aarde weet wat gaan nou aan en dit word nodig gevind om almal te laat weet dat daar nou in n kar oppad iewers heen gery word. Intussen is my hol besig om in tee gee aan n tipe nervous eating disorder en hy vat klein happies uit die kar se seat uit! Daai kar het eenvoudig nie genoeg straps en plastic om my veilig te laat voel nie!

Nou hier is my woorde aan jou meneer G800! Fuck you, fuck you, suck cock! Sê vir jou baas ek gaan jou by die venster uit bliksem! En jy is dik en onantreklik! Nie helfte so mooi soos n Blackberry nie, en Blackberries is nie eers mooi nie!

(Ek moet dalk ook net noem dat as ek by die GF kuier laat ek haar bestuur, want ek is n lui etter, en dis wanner hierdie kak gebeur. Is dit my skuld? Ek dink nie so nie, ek kan bestuur, drink en rook en niemand het nog ooit daaroor gemoan nie!)

~ 0 Comments

n Interesante email

Hello fellow citizens If like me, you don't have a passport from another country and you quite like living in South Africa, now is quite an important time for you. Instead of using clichés like "the future is in your hands.." or "make your mark, let your voice be heard!" and other ineffective drivel, I am going to just draw your attention to the following: Robert Mugabe had to amend the constitution of Zimbabwe to allow him to remain in power as president, long after he had reached his intellectual sell-by-date. (Before this, as in all "democracies", there was a limit to the number of terms which a president could serve). Having changed it once, he did it again. Then he was on a roll. The rest of the story we all know very well. With hindsight, we can see that had he been prevented from taking the first step, the whole sub-Saharan part of Africa would have been spared quite a lot of bother. When Hitler took over Germany he systematically turned it into a fascist police-state, where no-one (no, not even German citizens) had any freedom. He did this by passing one piece of legislature after another. Slowly he started to ban things (like women shaving their legs and underarms). Next he formed a special police force which was under his personal control (the infamous Gestapo) to enforce these new laws. Then he banned some more things, like jokes, clever books and talking about him behind his back. By the time he had mobilised his army, and banned being Jewish or trying to stop him from invading your country it was TOO LATE! He had gained too much momentum."How did he and Robert manage this?" you may ask.I'll tell you how: Baby steps.Each time they changed something, they convinced all the stupid people that it was for the greater good. Clever people, who could tell that it wasn't, thought to themselves "Surely they won't get away with this" over tea and rusks, but did nothing. By the time someone decided to stand up and make a scene, his house had been burned down and his head was firmly wedged between an S.S. boot and the pavement outside. Now, I'm sure we all agree that one "Jacob Gedleyihlekisa Zuma" possesses neither the intellect, balls or charisma to start a world war. However, he has somehow managed to wangle his way into a position where he can very well take the first baby step towards making a complete pig's ear of our country. Old-school racist whites are always on about our country going to the dogs and ending up like Zim.. Of course they did this because they were narrow-minded and ignorant, not because they were keeping a keen eye on actual political developments. Our downfall will not be racism as everyone predicted in 1994, it will be corrupt politicians driven by greed and a hunger for power. And people drinking tea saying "surely they won't get away with that?". Now, JZ's trial has been scheduled for August (which is AFTER the election). After winning the election, the ANC plans on amending the constitution to prohibit the acting president from being prosecuted in a court of law. Just like with Robert Mugabe, the most fundamental law of the country will now be changed to suit the whims of a criminal with no brain. (Never mind the fact that this would actually mean that he could literally commit murder and get away with it until he steps down as president). Our constitution is literally the anchor which stops our country from drifting down river and over the edge of a waterfall. It leaves ultimate power in the hands of the courts and judges and prevents government from raising itself above the law. To allow anyone to mess with it is equivalent to committing a slow national suicide.The ANC no doubt thinks they will again get the two thirds majority they need to tinker with the constitution in the April election. I beg to differ. I hope and believe that, unlike the sheep of the past in Germany and Zimbabwe , the average person who receives this mail has actually had enough of all these shenanigans and would like to see the appearance of justice, logic and efficiency in government.Unfortunately, we are in the minority. However, to prevent things from getting worse really fast, all we have to do (for now) is: VOTE !!!!!!!!And then, when the election comes, vote for anyone except the ANC. You can vote for Vernon Koekemoer or Skippy Peanut Butter for all I care, just as long as no one gets a two-thirds majority! I swear on my grandma's grave... if I hear someone (who didn't vote or couldn't vote because they were too lazy or hungover to register) complaining at a braai about the government I will come in from the side with a flying head-butt which will leave you so brain-damaged you'll join the ANC youth league and vote for Julius Malema in 2013. This country is genuinely amazing, lets not let a small handful of people use it as their personal monopoly set and turn it into another post-Collonial African 3rd World sad story. Vote, dammit! People are willing to die fighting for the right to vote. If you don't, and you end up watching as the country slowly slides into an abyss it will be "on you".

Wednesday, March 4, 2009 ~ 0 Comments

Random "kak"


~ 0 Comments

Die befokste speelgoed ooit!


Click hier om hom te koop!

Tuesday, March 3, 2009 ~ 1 Comment

Ghout!

Ai, niks in die lewe bring groter vreugde vir 'n moeë Kapenaar met 'n vis-en-hoenderdieet as 'n langnaweek in die Karoo of Vrystaat nie. Die oggend, middag en aandvleisvure brand hoog en die vet drup uit die vakansiebaarde, dis 'n geil besigheid man, geil sê ek jou, geil. Jou beker loop oor. Soggens is dit skaapniertjies, middae skaaptjops en saans ietsie kleins soos 'n steak of varkboudjie. Hier beteken 'n gebalanseerde dieet 'n tjop in elke hand. Tussendeur word daar aan springbokbiltong of geelvet beesbiltong gekou om die kieste in oefening te hou. Soos met alle goeie dinge kom daar 'n einde aan alles.

Die terugtog Kaap toe kom soos 'n dief in die nag. Daar word uitgestel en weggepraat maar vader tyd het gesê dis Sondagmiddag en so sal dit wees. Na 'n skaapvleis ontbyt word die langpad gevat met skaapboud-toebroodjies, biltong en droëwors vir padkos. Voetslepend en klaend word die tasse gepak en gelaai en met stroewe gesigte word die familie gegroet. Die stilte in die motor is oorverdowend wanneer ons die N1 vat terug Kaap toe.

Edenburg, Trompsburg, Colesberg, Spietkop, Hanover, Spietkop, Richmond, Kamera flits die dorpe verby. Drie Susters......... amper halfpad en die Sondagmiddag trek lang skadu's oor die Groot Karoo. Ai, as ons maar al die skapies langs die pad kon saamvat vir die mense in die Kaap. Hulle weet nie wat hulle mis nie. Glo mos net aan vis en hoender. Hoender is mos die nasionale voël van die Wes-Kaap. Na Drie Susters kom ek agter daar is fout. Groooooot fout!!!! 'n Pyn van epidermiese proporsies skiet my regterenkel binne. Dit moet 'n beroerte wees!!! Ek sweer dis 'n hartaanval......... my hart sit juis in my skoene. Kry mens miskien 'n voetaanval, bosluisvoet of slangvoet?

Die moontlikhede is legio. Die pyn neem alles oor. Die kinders wonder of pa krismis gaan haal. Liefie wil weet of ek koors het. "Bel die dokter" is al wat ek uitkry terwyl ek stotterend asem probeer kry en my lewe by my verbyflits. Ek trap die petrol dieper in met my linkervoet terwyl trane saggies oor my wange rol. Hoekom is die Kaap so vêr??

Vroulief bel die dokter wakker uit sy Sondagmiddagslapie. Dis NOOD broer. Sy vertel in kort, afgemete sinne wat haar diagnose is. Dok vra hieroor en daaroor en waar die pyn is en of daar ou rugbybeserings is in die regtervoet. Dan 'n lang stilte. Ons albei verwag die ergste en ek ry stadiger om die skok beter te absorbeer. "Nee" sê Dok, "as dit so pyn en die pyn daar is en julle die en daai geëet het, daar geen koors is nie, die pyn nie "loop" nie, dan lyk dit na ghout."

"Wat het jy in die kar? Het jy enige iets vir kinders vir karsiek?" Dankie tog, dink ek, ons is al by die merrikasie, ons vorder. "O, setpille" hoor ek vroulief sê. "Hy moet ten minste 100mg inkry". "Maar ek het net 15 en 20mg pilletjies" hoor ek vroutjie sê terwyl ek hard dink hoe ek die klomp pille in my gat gaan opkry. Synde Dok op "loudspeaker" is, kan ek darem self in my toestand uitwerk hoeveel keer gaan ek die prosedure moet doen. Toe Dok aflui staan ek dadelik vas - my hol is 'n "one-way" en ek het ook 'n binneste - "Sal wag tot op Beaufort-Wes, daar behoort 'n noodapteek te wees" sê ek kortaf en handel daarmee die gesprek af ter wille van die kinders.

Op Beaufort-Wes is 'n noodapteek so skaars soos reën. Niks oop op 'n Sondagaand nie. "Druk maar deur Kaap toe" kners ek tussen my tande uit. Ek sit nou al kaalvoet met die lugreëling vol oop op my voet. Vroulief maak die kinders en haarself onder kombersies toe maar sê eerder niks nie. Ek wil my voet vries sodat ek hom kan afbreek en in die kar se boot terug Kaap toe ry. 'n Man het sy trots en ek is geen hoender wat klein pilletjies agterstevoorom pik nie.

Op Leeu Gamka is al my manlikheid moer toe - alles is wit van die pyn.

"Vrou gee maar - dit is nou of nooit, en ek "nou" liewer as "nooit".

Vroulief fynkam haar "toolbox" en kom met die fantastiese nuus - "Hiers nog 'n 100mg setpil". Dankie tog. Elke pyn het sy eie gewig. My pyn voel baie swaarder as 100mg maar met pilletjie in die hand bestorm, of was dit nou bekruip of huppel ek na die plek van verligting by die Ultra City. Hierdie ding moet net werk, dink ek by myself en probeer moed skep en myself opwerk en motiveer vir dit wat voorlê.

Ek worstel en sweet, maar ek weet hy MOET in, my moed gaan dit nie 'n tweede keer maak nie. Dit voel vir my of ek die "bulls eye" van 'n dartboard van die agterkant af op een been moet kry terwyl ek die ander mense in die kleedkamer met fyn en sagte kreungeluidjies vermaak. Die ding voel soos 'n pynappel.

Na dit vir my gevoel het soos ure se gesukkel is ek terug kar toe en ons vat die pad verder Kaap toe. Die kinders wil weet hoekom pa se oë so groot is en of ek vir hulle Rooikappie en Wolf gaan opvoer om die pad om te kry. Niemand sê verder iets nie en tot vroulief bly tjoepstil, sy weet wanneer vraetyd verby is. Dit is so stil in die kar dat die kinders snoesig aan die slaap raak. Ek sit nogsteeds met my pyn en trap die petrol al hoe dieper om in die Kaap te kom. My voet pyn en my hol brand soos 'n koeëlwond. Ek voel vuil, soos iemand wat verkrag is en die gebeure in die toilette op Leeu Gamka is vir ewig in my geheue ingeprent. Wonder of ek nie 'n sielkundige moet gaan sien as die pyn eers weg is nie?

By Laingsburg probeer vroutjie 'n geselsie. "Voel jy al beter, Skat?" "NEE, fok maar dis 'n skerp pil daai." Ek is sommer die moer in vir als wat wit jasse dra. "Wat bedoel jy met 'n skerp pil?" wil vroulief weet. "Daar is dan fokken alluminium om die pil man. Ek moes die pil omtrent pannelbeat om die meeste van die skerp kante plat te kry. As ek die ding net so in my hol gedruk het sou ek my teen die tyd al inwendig doodgebloei het" verduidelik ek.

Die volgende oomblik smaak dit vir my vroulief het as selfmoordbomplanter by Elkaida gekwalifiseer. Sy ontplof dat die kinders se lyfies so ruk en hulle met hulle handjies bokant hulle koppe gryp in hulle slaap. Ek het haar laas so hoor lag toe sy gehoor het van haar eerste swangerskap. Sy sien die moerse vraagteken op my voorkop en sy bulder dit uit: " JY MOES DIE ALLUMINIUM AFHAAL JOU POEPOL!!!!!!!!!" Met die trek sy haar selfoon nader en ek weet die kak word nou weer vir al haar vriendinne vertel. Dat die verskriklikste pyn in my voet en 'n bradpyn in my gat nou vir iemand so snaaks kan wees.

Ek moes myself verdedig. "Maar ek dog dit werk soos 'n kapsule. Mens breek mos nie 'n kapsule oop nie, netnou vergiftig jy jouself met 'n oordosis, die besigheid moet mos stadig mens se sisteem bekruip." My manlikheid en intelek is daarmee heen. Die hele wêreld gaan dit ook nou weet. Vroulief mishandel behoorlik die selfoontjie om die nuus oor die heelal te versprei terwyl sy saggies, amper geheimsinng giggel en geluidjies van plesier maak. Ek kry simpatie met mans wat hulle vrouens moer.

Dok is natuurlik die eerste om van my ongelukkie te hoor. Hy kan sommer my lyding oor die internet uitblaker en die eer kry vir die beste mediese joke van die maand. Dokters is almal etters. Geen setpil sal ooit weer dieselfde wees nie. Hoe gaan ek die wêreld weer in die oë kyk? Gaan ek ooit herstel van my ure van lyding en vernedering in die toilette op Leeu Gamka? Ek raak hartseer en verlang terug na die tere liefde en simpatie van my moeder.

Volgende oggend is ek natuurlik 'n "celeb" by die werk. Almal wil net bemoedigend aan my vat of 'n ou geselsie aanknoop. Wil weet of ek nou 'n "stainless steel silencer" het. Ha ha ha - lag vir jou gat man! Ek wens julle kry die pyn wat ek in my voet gehad het in julle "silencers", dan praat ons weer. Fokken klomp ape!!!

Ek weet nou nog nie of die setpil gewerk het nie. Ek sal moet wag tot al die aluminium "corode" het.

(Thanks Ma)