Friday, November 28, 2008 ~ 0 Comments

First Indian Astronaut Arrives Back Safely


~ 0 Comments

Motherfucker

Oppad werk toe vanoggend, luister ek toevallig weer n ou liedjie van The Eels. Song se naam is It’s a Motherfucker.

“It's a motherfucker
Being here without you
Thinking 'bout the good times
Thinking 'bout the bad
And I won't ever be the same

It's a motherfucker
Getting through a Sunday
Talking to the walls
Just me again
But I won't ever be the same
I won't ever be the same

It's a motherfucker
How much I understand
The feeling that you need someone
To take you by the hand
And you won't ever be the same
You won't ever be the same”

Serious shit! I like. Het al heeltemal vergeet van die song. Weet nie juis hoekom ek dit wil deel nie.

Anyway, vandag is een van daai dae wat alles net weird voel. Ek weet nie mooi of ek goed of sleg voel nie. Dis Vrydag after all en n mens moet soortvan op n high wees as gevolg van die naweek wat aanbreek, maar dit voel nie vir my so nie. Ek dink n paar koue biere na werk sal die probleem gou oplos. Ek is nogsteeds van plan om shitfaced te raak, mag dalk net bietjie vroeer gebeur. (Ek kan n kappie op ‘n e maak, maar ek kan nie vir n fok 2 kolletjies op een kry nie!)

Gister nog n random boodskap oor hierdie blog gekry. Nogal cool dat mense my fucked up lewe interesant vind. Ek dink weer dis super boring, maar what the fuck, kudos aan al die lesers!

Ek wil ook net sê dat die kak in Mumbai fucked up is! Dit gaan seker nou maak dat daai fokkers wat die samoosa’s aan jou wil verkoop daar agter in die parkeer terrain agter binnelandse sake nie meer so ligtelik opgevat moet word nie. Obviously gaan jy seker nou nie meer vir hulle kan sê fokof, ek eet nie daai kak nie! Jy weet nie of hulle dalk nou n bom dra of iets nie! Die cool ding rondom die hele situasie is dat dit vir jou wys hoe goed jy n organisasie kan hanteer en kry om te doen wat jy wil he, al is dit nou wel ‘n terrorist organization! Dis n well oiled machine! Ek wonder of die pryse van Kookabura cricket bats nou gaan opgaan? Kom daai goed nie van India af nie? Ok ok, dit is heeltemal te far fetched, ek weet ek praat nou net kak, maar what the fuck, ek like dit!

En hoe maklik is daai vrae vir daai 5FM kompetisie vir die R25 000.00? Seriously, hoekom bel hulle nie net random mense en gee die geld net weg nie? Can I have some lemon with that? What the fuck? Miskien sou ek nie so sterk daaroor gevoel het as Savanah nie so fokken sleg was nie! As jy my nou wil laat kots, gee my twee van daai outjies! Ek is n bier en brandewyn man!

Eks nou fokken honger en ek ruik hulle is besig om waffles te maak daar agter. Ek wonder hoeveel van daai masjiene kan ek instamp. Catch you on the flip side…

Wednesday, November 26, 2008 ~ 0 Comments

Passwords

Righto, so ek het access tot my teef eks se email (Aangesien ek dit opgestel het) en ek het vandag besluit om alles te delete! Ha ha! Teef! Ek het eers bietjie deur alles gelees, soos wat n goeie psycho sou doen. Sy gaan wel nie n paar bookings wat sy gemaak het se conformations kry nie! Baie dom van haar om nie die passwords te verander nie! Miskien het sy gedink ek sal nie so iets doen nie, toe vang ek haar lekker! (Besluit nog of ek haar Facebook profile ook gaan opfok!)

Anyway, sien nogal uit na die naweek! Een van my bra’s kom bietjie kuier en dit gaan n lekker gekettery wees. Gaan heel waarskynlik Saterdag uit my brackets uit gepis raak! My sussie verjaar, die groot 25 en ons gaan lekker party! Vandag bietjie saam met haar gaan rond shop. Sy soek n nuwe EDT en ons het n hele paar getoets. Sy het wel Jean Paul Gaultier se Madame op my gespuit, en ek moet sê, ek is nogal heel in my skik daarmee. Nogal jammer dis n vrouens fragrance! Ek's n groot fan van Gaultier, en ek het self n hele paar van sy fragrances. Sal dit aanbeveel vir enige vrou wat fucking awesome wil ruik. Lekker genoeg om te eet, as jy weet wat ek bedoel!

Ek het gister aand ook vir die eerste keer The Sons Of Anarchy gekyk. Heel impressed. Eerste keer dat ek n ordentlikke biker storie sien. Eintlik my eerste biker storie wat ek ooit gesien het, om die waarheid te sê. Wag, ek lieg. Ek kan ver langs onthou ek het Straatvalk gekyk as n snotneus. Ek dink dit was die 4de episode, so ek sal maar die eerste 3 somewhere moet download (Hint hint Mr CS)

So kom alle kak praat op n einde. O ja, LMPA! Gebruik hom! En my fucktup pc verander die heeltyd "weet wat" na "wee twat" toe. Siesa!

Monday, November 24, 2008 ~ 0 Comments

Random tos

Righto! Wat n befokte naweek! Eintlik het daar niks besonders gebeur nie, maar dit was lekker. En veral om te sien dat die Springbokke weer goeie rugby speel en dat hulle bietjie pakslae uitgedeel het! Vrydag aand was weer een van daai aande wat jy nie eintlik wou gehad het nie. Lekker geblits en sonder sleutels, probeer ek half 5 Saterdag oggend in my eie huis inbreek! Wat n mission. Nie reg gekom nie! En dit het mos lekker gereen, so ek was vol fokken modder!

Saterdag was maar babalas dag en het net gechill en rugby gekyk. Thanks Mr Fur wat my die heel naweek company gehou het!

Ek wil net vinnig sê dat Call Of Duty 5: World At War n awesome game is, en ek weet nie hoekom sê almal dis tos nie! Gepraat van tos, die nuwe bestseller van die jaar IS DIT NET EK, OF IS ALS TOS? Is ook uit. Dis geskryf deur Griffen en Chopper Charlie. Gaan order hom sommer daar by www.kalahari.net. Ek verwag my copy vandag. En by bestseller bedoel ek nommer 3 op die top 10 na 3 dae. Hy het ou Steve se boek se asem weg geslaan!

“It's hard to wake up
When the shades have been pulled shut
This house is haunted
It's so pathetic
It makes no sense at all.
I'm ripe with things to say
The words rot and fall away.
If a stupid poem could fix this home
I'd read it every day.”

Tuesday, November 18, 2008 ~ 2 Comments

Max Payne

Ok, so ek het Max Payne gaan kyk. En sonder om dit nou in n lang storie te verander, dis n kak movie! Dis boring. Dis stadig. Dis absoluut nie wat ek verwag het nie. Daar was soos 3 gunfights in die hele movie. Ek het ook nie die plot mooi verstaan nie. Ek het die PC game gespeel toe ek jonger was, en dit was 10 keer beter! Sal dit nie aanbeveel nie.

Monday, November 17, 2008 ~ 0 Comments

Het jy geweet

Op my wegbreek naweek het ek die vooreg gehad om bietjie saam Mr W n paar ure in die kar te spandeer. So het ek n paar nuwe rympies geleer. Nie eintlik rympies nie, maar dit was vir my snaaks. Dalk omdat ek n bietjie onder die prop was! Blykbaar leer n mens hierdie goed op skool. Moet sê ek kan nie onthou nie! Anyway, check it out.

1. Driesie van die binne land:

Driesie van die binneland, gaan Maartmaand na die strand
o die soete heurlikheid,
o, watse wonderlike tyd!!
Driesie was daar geen maand gewees
of Driesie had geen water vrees.
OH, OH, OH Driesie.


2. Daar sit 'n uil:

Daar sit 'n uil (Dit moet hard gesing word.)
kyk waar hy skuil
waar vlieg hy heen
hy weet alleen.
Daar kom 'n muis (Saggies nou)
hoor die gedruis
Uil maak hom bang (Met 'n bang!!)
en muis is gevang!!

3. Volkswagen:

Volkswagen, Volkswagen running up and down
Happy in the country, light on petrol too
You can have a Volkswagen It's the car for, YOU!!

4. Die ruiter van Skimmelperd pan:

By 'n draai in die mond van die kloof
het 'n bom, in die oorlog, 'n man, soos 'n swaardslag onthoof.
Ruisagtig die hare op sy lyf, die skroef, soos 'n klem op die lyf....

Later

~ 0 Comments

Ek is terug, voel beter dankie...

Ek het onlangs uitgevind daar is iemand van die skooner geslag wat ook die ou bloggie van my lees, so ek gaan probeer om nie meer daai lekker vloekwoord te gebruik nie. Jy weet mos, daai lekker een wat rym met woes!

Ek het n paar befokte vriende! Dis min dat ek n email kry van 4 woorde wat my net lekker laat lag. Ek weet net nie hoe kry party mense dit reg nie! Kom ek vat n voorbeeld.

My vriend CS is daai tipe ou wat jou ma wil he jy moet mee trou! Hy is vrot van die goeie maniere, hy is slim en het n awesome sense of humor, en hy dra baie klere van Polo. Jy weet, daai tipe ou wat jy in die J-Crew catalogue of iets sal sien. Behalwe daai ouens dra altyd tos lelike skoene, en CS nie!

Anyway, so nou en dan stuur ek hom n emailtjie, en so nou en dan reply hy. Hy het nie aldag baie tyd vir my nie, want hy fight die corporate machine daar in Petoors. (FYI, Petoors gaan ook van nou af hier bekend staan as: DAAI PLEK WAAR DAAI TEEF BLY!) En so nou en dan stuur ek hom n oulike prentjie of iets, en dan sal hy net eenvoudig reply met: FOK! Of so nou en dan sal hy dit af wissel met: EK IS FOKKEN BESIG! Nou die mense wat sy ma ken weet sy duld nie sulke afskiewelikke taalgebruik nie. Sy sal vir hom die seep-soda gee! (As daai koppel teken nie daar moet wees nie, ignoreer hom!) Maar vir my is dit mooi! Dit laat my elke keer so hard lag dat ek sulke klein skelm poepies laat ontglip! Dis woes snaaks om die waarheid te sê! Ek sal eendag weer en van sy emails hier post. Moet net eers weer bietjie toestemming gaan kry.

Hier is nou daai deel waar julle almal dink fokkol van wat ek nou gesê het maak sin nie. Of julle dink hierdie fokken ou is mal! Wel, n mens mag nie vir iemand sê hy is mal nie. My se ma sê so. En al is ek bietjie mal, wie de fok worry? Ek vind dit amusant, en op hierdie stadium is alles wat my laat lag n bonus.

Gepraat van goed wat my laat lag. Ek neem toe n foto van n ou apie hier langs my kar die naweek daar in die wildtuin. (Sien aangehegde foto) Die arme ding se balls is blou en, soos my sussie sal sê, sy kierrie is rooi! Weereens mag jy dit nie snaaks vind nie, maar ek het, en ek het lekker gelag. En n rooibok sal van nou af bekend staan as die booi van die Kruger Park, want, net soos boois, kan jy nie 3 meter ry sonder om een van die fokkers te sien nie! Ek het amper per ongeluk een dood gery. Ek dink ek sou meer kak daar in die wildtuin gekry het as ek een van hulle boois getrap het. Ek was ook deel van n groep mense wat n Quad trail gaan doen het. Lang storie kort, ek het my woes afgeval! (Daai ding in my hand mag dalk iets daarmee tedoen gehad het – sien foto) Ek is buite draatie aksie vir ten minste 3 dae! Ek het gevoel soos Darth Vader met daai valhelm op my kop. Dit was nogal cool. Behalwe dat die force nie fokken sterk genoeg met hierdie een was nie. Die gravitational force van die aarde was natuurlik sterk genoeg!

Behalwe vir dit het ek n paar cool irriterende repiterende repitasies geleer, maar ek sal dit los vir n ander keer. En ek het leeus en olifante gesien, en n rietrot (Huge!) en n mamba, en n pofadder.

Anyway, die nuwe Kings of Leon CD is awesome en ek sal dit vir enige iemand aanbeveel! Ek het ook n nuwe paar NIKE trainers gekry wat hot as shit is! En ek gaan vanaand Max Payne kyk. Watch this space vir die 411!

Peace out mother truckers

Wednesday, November 12, 2008 ~ 0 Comments

n Bietjie van alles

Ek is sonder inspirasie, weet nie wat gaan aan nie. Die afgelope paar dae lei ek aan alles wat nie cool is nie. (Dis daai bitch se skuld, ek vind nou al tot Daughtry se musiek half ok, for fucks sake!) So ek probeer maar myself occupied hou en dit is die rede dat ek al R2200 aan games vir my PS3 spandeer het.
Net n vinnige review. Ek het Dead Space uiteindelik klaar gemaak. Baie cool game. Dis amper soos die movie Event Horizon. Dis baie scary en ek het amper n paar keer in my broek gekak! Die graphics is uitstekend en die controls is so uitgelê dat jy nie sukkel in n kontak situasie nie. Al wat my afgepis het is dat jy sukkel om jou health packs te gebruik waneer jy in n fight is, en dan vrek jy gewoonlik. Hulle wag nie vir jou nie.
Die ander een wat ek gekry het is Fallout 3. Dis n free roaming questerige (Ja, ek weet dis nie n woord nie, maar hy werk so: kwes-te-ri-ge) game waar jy basies vry is om te doen wat jy wil. Ook baie goed gedoen. Ek dink nie jy kan iets verkeerd doen nie, en jy kan kies wat se missions jy wil doen. Soos gewoonlik het ek weer almal opgefok, en ek dink daar is dalk n paar mense wat ek nie moes dood gemaak het nie! Sou dinge dalk net maklikker gemaak het in die long run. Die VATS targeting system is nogal cool, en dit laat my baie dink aan bullet time in The Matrix. Awesome game, al het ek nog net soos 10 ure gespeel.
Die ander een wat ek ook tans mee besig is, is Guitar Hero. Dis eenvoudig net befok! Ek speel nog net op easy, omdat dit my eerste ervaring met die Guitar Hero series is. Die Slayer song is poes moelik. (Wil nie eers weet hoe moelik dit is op n harder difficulty setting nie!) Dis al een wat ek sover nog nie kon klaar maak het nie. Aan die ander kant geniet ek weer die Slipknot song baie. Daar is ou songs en nuwe songs wat jy kan speel, wat dit vir my cool maak. Jy word gechallenge deur ouens soos Tom Morello van Rage Against The Machine en Slash van Guns’n Roses. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel.
Ek gaan ook die naweek bietjie Protea Hotel Kruger Gate toe vir n jaareindfunksie. Dit gan befok wees! Ek hoop net nie almal is nou weer so styf nie. Ek is lus om bietjie fles te vat!

Wednesday, November 5, 2008 ~ 0 Comments

...

Hier sit ek weereens in sak en as
Sukkelend om my hart te las
Met al die stukkies in my hand
En trane wat rol oor my wang

Ek was bang om my hart vir jou te gee
Want dis moeilik om die verlede uit te vee
Maar daar was iets anders omtrent jou
En hoe jou arms om my vou

Het nog lekker op die wolke gesweef
Toe jou koue sms my hart tref
Sonder enige geldige rede
Het jy gesê ons is in die verlede

'n Gedig deur Skapie - Ek het dit so bietjie aangepas. (Ja ek weet, Skapie is n weird naam!)

Monday, November 3, 2008 ~ 0 Comments

Random

Ok, ek is op n kak plek in my lewe en ek weet nie mooi wat se kant toe nie! Ek dink my situasie kan both ways swing, so ek hoop maar vir die beste! But watch this space. As dinge nie werk soos ek wil he dit moet werk nie, gaan jy definitief iets hier leer wat jy nie geweet het nie! En as jy whatever ek sê klaar geweet het, moenie worry nie, want jy gaan definitief n hele klomp nuwe vloekwoorde leer!

Peace out

PS: Ek gaan more darem n paar rand maak uit die US election uit, so dit is seker maar my silwer lining. Go Obama, you good thing!