Thursday, September 25, 2008 ~ 0 Comments

Al weer Maandag...

So braai dag het gekom en gegaan. Ek het n lekker stukkie steak geeet, n paar koue Amstels gedrink en lekker saam goeie vriende gekuier! Dit was befok. Die feit dat ek al 8 uur gister in die aand was besig om n kopseer te remedy, het bewys dat dit n suksesvolle dag was! Vandag voel ek uitgeput en lus vir fokol! n Mens sien so uit na n vakansie dag, en daarna is dit net weer soos n Maandag en n mens sukkel om spoed op te tel. Ek is darem op verlof volgende week Donderdag en Vrydag en ek gaan bietjie Aardklop toe! Ek sien nogal uit daarna.
Ek was so 3 jaar terug (Mag dalk meer of minder wees, nie seker nie) daar gewees en het n goeie tyd gehad. Ek het die grootste artappel geweer ooit gesien. Daai ding was so lank soos n mens! Ek moet sĂȘ tussen al die booze en drugs deur het ek nie veel van n kulturele ondervinding gehad nie. Ek het net so stukkie van n Springbok Nude Girls show gesien, en dit was van agter af uit die parking lot uit! Daar was ook n paar Duitse uitruil studente wat ons lekker kak gegee het. Om een of ander rede like niemand die woord Hitler in Duitse geselskap nie.Verder as dit het ons een keer die “kamp terrein” verlaat om te gaan swem by die kampus swembad. Hierdie jaar gaan ek ding anders doen. Minder drink en meer shows check! (Ek hoop so! Ek hoop nie ek is nou weer besig om almal n vet poep te voer en sommer so publicly te lieg nie!)
Ek moet nou gaan, voel of daai Amstels nou n comeback wil maak, as jy weet wat ek bedoel….
Rrrt!