Thursday, September 18, 2008 ~ 0 Comments

Netbal

O my fok, ek dink ek is besig om te frek! Ek het n vet babalas en n seer lyf vandag. Gee my n oomblik om beter te verduidelik.

Gister aand het ons weer ons jaarlikse social netball afgeskop. Dit was baie lekker. Alhoewel ek 3 mense in my span gehad het wat nog nooit netball gespeel het nie, het almal hulle weight gepull en ons het n ordentlikke can of whupass oopgemaak! Ons het die ander span opgefok met 17 doele teenoor 2! Ek moet sĂȘ die ander span was n klomp dikgatte, maar hulle het definitief die physical deel gewen. Die bloed het geloop uit my spanmaats uit! Daarna het ons gaan celebrate tot 3 uur vanoggend. Ek praat onder korreksie, want ek was lekker geblaas en ek het nie oor tyd geworry nie. So ek neem maar aan die stories wat ek hoor is waar. Dis nou hoekom ek vandag super kak voel. Ek kry nou ewe skielik sommer n pyn in my voorarm van al hierdie tik ook! Anyway, laat ek bietjie gaan rus en mentally prepare vir volgende week se onslaught….