My huidige nemesis is nie die bar room boelie of die stalker bitch wat soos n man lyk nie, nee, dis iets baie erger. Dis daai klein dingetjie wat my GF duidelik nie sonder kan lewe nie!
Net om jou beter te laat verstaan wat ek bedoel, gaan ek n stukkie uit Snatch uit quote:
Do you know what "nemesis" means? A righteous infliction of retribution manifested by an appropriate agent. Personified in this case by an 'orrible cunt... me.
Nou in my geval is dit personified as meneer Samsung G800. Die fokker is alewig saam, orals! Hy is saam in die bed, hy is saam by die cinemas en hy is saam in die kar. Dis die saam in die kar deel wat my die meeste afpis, want hy sit immers my lewe in gevaar. Ok, die saam in die bed deel ook, want as ek wil freaky raak wil ek nie eers wag vir n delivery report vir die sms aan Sanny Whatserface nie! Ek wil my freak aansit en ek wil dit nou doen dammit! (Ek is nie meer jonk nie en my freak hou nie meer lank nie!)
Om terug te kom na die kar deel toe. Daar word nie op die pad gekonsentreer nie. Daai foon sal nie toet sê terwyl hy by die huis op die kas lê nie, maar wag tot jy in die fokken kar klim, dan is dit asof die wêreld aan kom! Dan wil elke mens op aarde weet wat gaan nou aan en dit word nodig gevind om almal te laat weet dat daar nou in n kar oppad iewers heen gery word. Intussen is my hol besig om in tee gee aan n tipe nervous eating disorder en hy vat klein happies uit die kar se seat uit! Daai kar het eenvoudig nie genoeg straps en plastic om my veilig te laat voel nie!
Nou hier is my woorde aan jou meneer G800! Fuck you, fuck you, suck cock! Sê vir jou baas ek gaan jou by die venster uit bliksem! En jy is dik en onantreklik! Nie helfte so mooi soos n Blackberry nie, en Blackberries is nie eers mooi nie!
(Ek moet dalk ook net noem dat as ek by die GF kuier laat ek haar bestuur, want ek is n lui etter, en dis wanner hierdie kak gebeur. Is dit my skuld? Ek dink nie so nie, ek kan bestuur, drink en rook en niemand het nog ooit daaroor gemoan nie!)
Bra. Dit is duidelik uit jou verduideliking dat jy self die oorsaak is vir jou mismoede. Jy weet mos nou dat sy gaan sms as sy in die kar is, sy doen dit sekerlik ook as jy nie by is nie, so jy kan proaktief optree en self agter die stuur inklim. Dit sal goed wees vir jou eie gemoedere (en verseker vir jou girl se kar seat).
Ons gaan ook seker nooit in ons leeftyd totaal aan publieke transport kan staat maak nie, so jy moet solank leer om in die stad te bestuur.
So hou op so lui wees, wees 'n man en bestuur self!
calliegesels.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading calliegesels.blogspot.com every day.
instant payday loan
online payday loan