Monday, April 20, 2009 ~ 3 Comments

Free Publicity

Die coolste ding van die hele IPL was toe die hond op die veld gekom het en niemand kon hom verwyder nie. Toe kom help die ou met die blou t-shirt met die groot blou DA logo om die hond te vang. Free publicity vir die DA, in HD! Ek like dit kwaai! Helen Zille was blykbaar die naweek hier in die burg en en die mense like haar kwaai. Niks major gewees nie, net so 2000 mense van Mhluzi was daar. Blykbaar is hulle nie baie impressed met die ANC nie, so dis n goeie ding.
Moet ook net noem dat die ANC kantoor hier in Kerk straat is en dat daar permanent dronk supporters is wat hulle karre spin en by die vensters uit hang en skreeu en kak! Glad nie cool nie. En onthou om Woensdag te gaan stem. Stem eers en dan kan jy by die huis sit en dronk word. En as jy vir die kleiner opposisie partye wil stem maar jy is nog nie seker nie, laat weet my, dan verduidelik ek vir jou hoekom dit nie n goeie idee is nie.
Keep it real!

3 Responses to "Free Publicity"

  1. gravatar
    Charles April 20, 2009 at 11:26 AM Permalink

    Ek sou graag jou verduideliking wou hoor hoekom jy nie vir 'n klein party moet stem nie. Ek dink jy sit die pot heeltemal mis...

  2. gravatar
    Callie April 20, 2009 at 11:43 AM Permalink

    Ek wardeer jou comment Charles, en ek het my verduidelikking aan jou e-pos adres gestuur.

  3. gravatar
    Charles April 20, 2009 at 11:59 AM Permalink

    Kom ons wees eerlik met mekaar. Geen party het hierdie jaar 'n kans teen die ANC nie. Al wat die opposisie kan regkry is om die ANC minder as 67% te kry.

    Ek dink Deon Botes is verleidend in die artikel wat jy aangestuur het. Hoeveel mense het die DA in die munisipaliteit? Dit is nie die meerderheid nie, en daarom word Rubberstempel in elk geval net op ANC besluite gedruk.

    Suid Afrika bestaan uit groepe mense wat omtrent altyd minderheids groepe is. Dit is duidelik uit die feit dat ons 11 tale het. Hoekom mag jy nie stem vir 'n party wat spesifiek na jou ideale, behoeftes, drome en toekoms omsien nie. Die feit dat ons in RSA in 'n proporsionele kiesstelsel is, beteken dat as my party net 1 stem kry, dit nog steeds my verteenwoordig.

    Ek dink jy moet vir 'n party stem wat na jou belange omsien, en nie net vir 'n party stem omdat dit die grootste opposiesie party is nie.

    Ek hou van Helen Zille, ek dink sy is 'n uistekende politikus, maar waarvoor staan die DA. Hulle julle campain gaan oor "Anti-Zuma". So what? Wat beteken dit as hulle wen? Wat gaan hulle doen?

    In terme van dorps-politiek. Eerstens dink ek nie politiek hoort op dorpsvlak nie. Dit moet tog gaan oor die mense, en dit wat belangrik is vir die dorp. Hoekom sal mens vir 'n party wil stem wat uit die kaap besluit wat is goed vir die dorp. In Middelburg se geval dink ek dat mens nie veel van 'n opsie het as om vir die DA te stem nie. Ek dink in MBG is dit jou enigste keuse.