Thursday, May 14, 2009 ~ 0 Comments

American Idol

Kyk, ek is glad nie n fan van reality tv nie. Ek het gister aand vir die 2de keer American Idol gekyk, en damn was dit cool! Ek kyk dit ook maar net omdat my ma my sms en sê ek moet dit kyk. Ek weet as ek dit nie kyk nie gaan sy my in elk geval vra daaroor vra en ek is nie lus om te jok nie. Die hele show is nie so cool nie, net n dude met die naam Adam se performance. Daai bra kan sing, en volgens my ma is hy mooier as n mens (Hy is dan seker maar so mooi soos n Ferrari, ek weet nie)! Ek dink dit is die beste wat n Idols show ooit gaan gaan he. My geld is op hom om met die eerste prys weg te stap! Nie eers Simon Cowell kan iets sleg oor hom sê nie! Ek dink daar is vanaand weer n show, so gaan check dit uit op channel 110.