Tuesday, July 7, 2009 ~ 3 Comments

[Prototype]

Ek het gister n nuwe titel vir die PS3 gekry, n titel genaamd [Prototype], n titel wat freakin awesome is! As jy like van n fast paced slasher tipe game, is hierdie die game vir jou. Ek is heel impressed met die hele gevoel van die game, en die controls is eenvoudig en maklik om te gebruik. Die hele storie speel in New York af wat deur een of ander virus of iets oorvat is en al die mense in zombies laat verander het. Almal wat my ken weet dat ek zombies mos kwaai like.
Ek hou van die idee dat jy freely kan roam en jy hoef nie nodwendig direk in n mission in te gaan nie. Daar is baie klein missions wat jy kan doen vir ekstra bucks en upgrades. Ek moet sĂȘ die coolste ding vir my is die feit dat jy teen geboue kan op hardloop, afspring en glide. Ek like dit. En jy kan tanks commandeer, wat handy is waneer jy hives of compounds moet opfok. Anyway, ek het nog net so 4 ure gespeel, maar op dit wat ek sover ervaar het, rate ek Prototype n 8/10.

3 Responses to "[Prototype]"

  1. gravatar
    DarthAltie July 9, 2009 at 8:46 AM Permalink

    Kwaai! Ek sal dit kry vir die Xbox dit lyk nogals awesome! Het jy Infamous? Ek hoor dit kick serious ass! Ongelukkig PS3 exclusive...Julle PS Fanboys moet seker iets he om op te maak vir Gears...LOL

  2. gravatar
    Callie July 9, 2009 at 10:01 AM Permalink

    Ja ja, ons is nie hier om mekaar te disrespect nie. Ek raak nie betrokke in fanboy debates nie. Ek dink dit is n cool game ongeag van die platform. Ek het ongelukkig nie Infamous nie, maar van wat ek kan aflei uit die forums is Prototype beter. Ek dink jy sal dit enjoy. En as jy nie doen nie is jy welkom om hier vir almal te kom vertel hoe kak ek review! Maar ek glo nie dit gaan nodig wees nie.

  3. gravatar
    DarthAltie July 9, 2009 at 12:24 PM Permalink

    Aaah komaan dude, ek darem gehoop jy defend jou PS3 net 'n bietjie...Ek sal dit speel en jou laat weet hoe kak jy review. Wag eers vir BT Games om dit tweedehands te verkoop. Ek koop nie meer nuwe games nie...dis te moer duur. Dalk net Guitar Hero. Soek nog die dromme. Peace.