Thursday, August 27, 2009 ~ 1 Comment

iPhone mini review

Righto, hier is so vinnige review van my nuwe iPhone 3GS.

Ek wil net begin deur te sê dat die foon freakin awesome is en dat ek nie weet hoe ek so lank nie een kon gehad het nie!

As jy die foon sien is hy redelik groot, maar hy voel stewig en is nie baie swaar nie. Hy is ook nie baie dik nie en pas gemaklik in jou broek se sak. Ek weet nie of almal hulle fone daar dra nie, maar dis waar ek myne bere. So jy kan maar sê my 2 belangrikste items is in my broek! (Kak grap, ek weet)
Die screen is flippen bright en seker die beste screen wat ek nog mee tedoen gehad het op n mobile phone. Hy is ook baie responsive en jy hoef glad nie hard te druk of vorseer om enigsins n reaksie te kry nie. Die slightest touch word geregistreer. Een knoppie bo op die foon vir aan en af sit, wat ook dien as n skakelaar om die foon in standby te sit. Een knoppie aan die kant wat die foon op silent sit, en dan obviously n volume up / down knoppie wat die as die volume vir jou ringtone en ook gebruik kan word om die klank te verstel in iPod mode.

Software gewys kan ek rerig nog nie iets sleg uitwys nie. Ek moet ook sê dat dit my eerste iPhone is, so ek weet nie juis van enige tekortkominge nie, behalwe maar dit wat ek gelees het.
Die feit dat die keyboard outomaties van normal na landscape gaan waneer die foon gedraai word is baie cool en maak sms of enige ander tik werk baie maklik. Die knoppies is ook groter in landscape mode. Ek moet ook noem dat alles wat moontlik in landscape gedoen kan word na landscape verander as jy die foon tilt.
Die applications is awesome. Ek het darem n US iTunes account ook, maar gelukkig kan jy app gewys amper alles op die SA store ook kry. Een swak eienskap van die foon is dat jy enige custom ringtone vanaf iTunes moet kry, so jou opsies is half limited. Jy kan enige song kies en hom jou ringtone maak, maar dit gaan jou n $1 kos. Die Safari browser is ook nie te bad nie, en hy maak alle webpages vol oop. Ek vind dit werk beter in landscape mode, maar jy kan soveel in en uit zoom soos wat jy wil.
Die batery life op die foon is nie juis iets om oor huistoe te skryf nie. Hy hou so dag, maar dalk is dit omdat ek hom baie gebruik. Of misbruik. Voice control is nog n cool function, en werk baie goed, veral as jy jou contacts se name in n stupid american slash robot aksent sê!
Die kamera is nie so hot nie, maar is baie eenvoudig om te gebruik. Ok wag, daar is een swak punt. Waar my ou foon clips van die web kon download, so stream die iPhone alles. Ek dink jy moet enige video eers in jou iTunes library hê.
En dit is dit vir eers. As julle enige iets anders wil weet, drop my n coment.

Ok, eks weg, gaan maar weeer verder met my iPhone speel.

1 Response to "iPhone mini review"

  1. gravatar
    DarthAltie August 29, 2009 at 10:42 PM Permalink

    Shweet dude! Thanks vir die mini review. Klink awesome. Ek het ook 'n US account en kan nie wag om al die apps ens uit te toets nie. Ek het 'n iPod Touch maar sy firmware version is 2.0 en meeste apps werk op 2.1 en op. Maar dis $10 om te upgrade en 250MB se download...so ek wag maar eerder vir my iPhone. Sal jou laat weet wat ek van hom dink as ek hom kry. Later