Wednesday, September 17, 2008 ~ 0 Comments

Vrouens?

Jammer dat ek so lank gevat het, was bietjie besig met werk! Ja, ek weet, kak verskoning. Die feit dat ek n nuwe meisie het en haar elke oomblik van elke dag moet sms, vat ook nogal baie tyd op. Dit, die boeke wat ek lees en my PS3! Ek sal hopenlik binnekort n gesonde balans kan handhaaf. Anyway, om terug te kom na die meisie ding toe. Ek en die girl sien mekaar al seker vir so maand en ons doen alles soos wat mense in n verhouding dinge doen. Sy is rerig baie cool en ons het daai connection. Die naweek word ek toe gekonfronteer deur haar en daar word vir my gevra of ek dink ons n verhouding het, en of dit maar net n casual ding is. Ek was stomgeslaan! (Seker omdat ek nie gedink het sy gaan agter kom hoe casual tipe ou ek is nie!) Duidelik is daar n boek of n klomp reels en regulasies daar buite waarmee ek nie familiar is nie en wat elke liewe vrou al gelees het! Lang storie kort, ek het belowe om nog meer te sms en te bel (want duidelik is 12 ure van n dag nie genoeg nie) en om oor die algemeen myself meer positief aan te wend in hierdie verhouding. Met ander woorde, ek kon maar net sowel my siel aan die duiwel verkoop het. Wat n man darem nie alles sal doen vir n stukkie ass nie...