Wednesday, October 1, 2008 ~ 0 Comments

Bailout

Ok, ek weet nie mooi hoekom hulle hierdie bailout plan nodig het nie. Ek weet dit het iets te doen met Wall Street en mense wat hulle huise verloor. Hierdie tipe kak lĂȘ nie juis na aan my hart nie, so ek worry nie veel nie. Die een ding wat ek wil weet is of as hulle nie hierdie bailout plan deur voer nie, gaan hulle ekonomie bietjie kak optel en die doller verswak teenoor die rand? (Asb, enige iemand, even jy Charles, verduidelik my!) Ek het my oog op n paar goedjies daar op Ebay, sowel as n paar ander websites. Wat moet gebeur sodat ons een rand vir een dollar moet betaal? Ek weet ons land doen ook nie juis te goed op die oomblik nie, maar dit lyk wel of ons nie so diep in die kak is soos die US nie. Hulle president lyk wel of die probleme met sy land hom pla en dat hy iets daaran wil doen, anders as in ons land. Hier gee niemand n fok om nie! Solank hulle almal (Daai hele ANC gespeis) net hulle sakke vol geld kan prop en alles moontlik doen om die Scorpions van hulle af te hou! Wie sal nou worry? Ek vir een gee weereens nie n fok om nie! Elke aap kry sy dag! En ek fokken wens hulle stig nog n party om te kompeteer met die ANC. Ek sal vir enige iemand stem wat teen Zuma en sy goof troop staan! Ai, ek like hom fokol! Even sy gevreet is vir my dodgy. Hy lyk vir my net soos n skelm.
Op n ligter noot, ek vertrek more Aardklop toe en is quite exited! Hou vas julle hoede, want hierdie gaan n wille ride wees!