Thursday, October 9, 2008 ~ 0 Comments

Skêr

So ek het besluit ek gaan vandag na werk bietjie by my chick kuier daar in die Jakaranda stad. Dis die eerste keer wat ek so iets gaan attempt en ek het so gevoel ek gaan more laat wees vir werk. En ek is slet moeg, so hou duim vas dat ek veilig daar aan sal kom, en veilig terug kom for that matter!
Ek het vir haar gesê as ek daar by haar huis kom soek ek n lekker bord gekookte kos, want ek is nou al gatvol vir cream crackers en marmite of cream crackers en cheese spread! Sy sê toe dis reg, maar ek moet asb vir haar n skerp skêr saam bring sodat sy my hare kan sny. Nou vra ek jou met trane in my oe, hoe de fok werk dit? Lyk ek so kak? Ek vra vir haar wie se hare het sy al gesny, en sy sê haar boetie en haar kat sin. Nou kyk, ek is nie bloed nie van haar nie, en ek kak ook nie in n box sand nie, so daar is nie n manier wat dit gaan gebeur nie!
Ek het dadelik n afspraak by my haarkapper gaan maak! En wie sny in elk geval n kat se hare? Val daai kak nie vanself uit nie?