Wednesday, November 5, 2008 ~ 0 Comments

...

Hier sit ek weereens in sak en as
Sukkelend om my hart te las
Met al die stukkies in my hand
En trane wat rol oor my wang

Ek was bang om my hart vir jou te gee
Want dis moeilik om die verlede uit te vee
Maar daar was iets anders omtrent jou
En hoe jou arms om my vou

Het nog lekker op die wolke gesweef
Toe jou koue sms my hart tref
Sonder enige geldige rede
Het jy gesĂȘ ons is in die verlede

'n Gedig deur Skapie - Ek het dit so bietjie aangepas. (Ja ek weet, Skapie is n weird naam!)