Monday, November 17, 2008 ~ 0 Comments

Ek is terug, voel beter dankie...

Ek het onlangs uitgevind daar is iemand van die skooner geslag wat ook die ou bloggie van my lees, so ek gaan probeer om nie meer daai lekker vloekwoord te gebruik nie. Jy weet mos, daai lekker een wat rym met woes!

Ek het n paar befokte vriende! Dis min dat ek n email kry van 4 woorde wat my net lekker laat lag. Ek weet net nie hoe kry party mense dit reg nie! Kom ek vat n voorbeeld.

My vriend CS is daai tipe ou wat jou ma wil he jy moet mee trou! Hy is vrot van die goeie maniere, hy is slim en het n awesome sense of humor, en hy dra baie klere van Polo. Jy weet, daai tipe ou wat jy in die J-Crew catalogue of iets sal sien. Behalwe daai ouens dra altyd tos lelike skoene, en CS nie!

Anyway, so nou en dan stuur ek hom n emailtjie, en so nou en dan reply hy. Hy het nie aldag baie tyd vir my nie, want hy fight die corporate machine daar in Petoors. (FYI, Petoors gaan ook van nou af hier bekend staan as: DAAI PLEK WAAR DAAI TEEF BLY!) En so nou en dan stuur ek hom n oulike prentjie of iets, en dan sal hy net eenvoudig reply met: FOK! Of so nou en dan sal hy dit af wissel met: EK IS FOKKEN BESIG! Nou die mense wat sy ma ken weet sy duld nie sulke afskiewelikke taalgebruik nie. Sy sal vir hom die seep-soda gee! (As daai koppel teken nie daar moet wees nie, ignoreer hom!) Maar vir my is dit mooi! Dit laat my elke keer so hard lag dat ek sulke klein skelm poepies laat ontglip! Dis woes snaaks om die waarheid te sê! Ek sal eendag weer en van sy emails hier post. Moet net eers weer bietjie toestemming gaan kry.

Hier is nou daai deel waar julle almal dink fokkol van wat ek nou gesê het maak sin nie. Of julle dink hierdie fokken ou is mal! Wel, n mens mag nie vir iemand sê hy is mal nie. My se ma sê so. En al is ek bietjie mal, wie de fok worry? Ek vind dit amusant, en op hierdie stadium is alles wat my laat lag n bonus.

Gepraat van goed wat my laat lag. Ek neem toe n foto van n ou apie hier langs my kar die naweek daar in die wildtuin. (Sien aangehegde foto) Die arme ding se balls is blou en, soos my sussie sal sê, sy kierrie is rooi! Weereens mag jy dit nie snaaks vind nie, maar ek het, en ek het lekker gelag. En n rooibok sal van nou af bekend staan as die booi van die Kruger Park, want, net soos boois, kan jy nie 3 meter ry sonder om een van die fokkers te sien nie! Ek het amper per ongeluk een dood gery. Ek dink ek sou meer kak daar in die wildtuin gekry het as ek een van hulle boois getrap het. Ek was ook deel van n groep mense wat n Quad trail gaan doen het. Lang storie kort, ek het my woes afgeval! (Daai ding in my hand mag dalk iets daarmee tedoen gehad het – sien foto) Ek is buite draatie aksie vir ten minste 3 dae! Ek het gevoel soos Darth Vader met daai valhelm op my kop. Dit was nogal cool. Behalwe dat die force nie fokken sterk genoeg met hierdie een was nie. Die gravitational force van die aarde was natuurlik sterk genoeg!

Behalwe vir dit het ek n paar cool irriterende repiterende repitasies geleer, maar ek sal dit los vir n ander keer. En ek het leeus en olifante gesien, en n rietrot (Huge!) en n mamba, en n pofadder.

Anyway, die nuwe Kings of Leon CD is awesome en ek sal dit vir enige iemand aanbeveel! Ek het ook n nuwe paar NIKE trainers gekry wat hot as shit is! En ek gaan vanaand Max Payne kyk. Watch this space vir die 411!

Peace out mother truckers