Wednesday, November 12, 2008 ~ 0 Comments

n Bietjie van alles

Ek is sonder inspirasie, weet nie wat gaan aan nie. Die afgelope paar dae lei ek aan alles wat nie cool is nie. (Dis daai bitch se skuld, ek vind nou al tot Daughtry se musiek half ok, for fucks sake!) So ek probeer maar myself occupied hou en dit is die rede dat ek al R2200 aan games vir my PS3 spandeer het.
Net n vinnige review. Ek het Dead Space uiteindelik klaar gemaak. Baie cool game. Dis amper soos die movie Event Horizon. Dis baie scary en ek het amper n paar keer in my broek gekak! Die graphics is uitstekend en die controls is so uitgelê dat jy nie sukkel in n kontak situasie nie. Al wat my afgepis het is dat jy sukkel om jou health packs te gebruik waneer jy in n fight is, en dan vrek jy gewoonlik. Hulle wag nie vir jou nie.
Die ander een wat ek gekry het is Fallout 3. Dis n free roaming questerige (Ja, ek weet dis nie n woord nie, maar hy werk so: kwes-te-ri-ge) game waar jy basies vry is om te doen wat jy wil. Ook baie goed gedoen. Ek dink nie jy kan iets verkeerd doen nie, en jy kan kies wat se missions jy wil doen. Soos gewoonlik het ek weer almal opgefok, en ek dink daar is dalk n paar mense wat ek nie moes dood gemaak het nie! Sou dinge dalk net maklikker gemaak het in die long run. Die VATS targeting system is nogal cool, en dit laat my baie dink aan bullet time in The Matrix. Awesome game, al het ek nog net soos 10 ure gespeel.
Die ander een wat ek ook tans mee besig is, is Guitar Hero. Dis eenvoudig net befok! Ek speel nog net op easy, omdat dit my eerste ervaring met die Guitar Hero series is. Die Slayer song is poes moelik. (Wil nie eers weet hoe moelik dit is op n harder difficulty setting nie!) Dis al een wat ek sover nog nie kon klaar maak het nie. Aan die ander kant geniet ek weer die Slipknot song baie. Daar is ou songs en nuwe songs wat jy kan speel, wat dit vir my cool maak. Jy word gechallenge deur ouens soos Tom Morello van Rage Against The Machine en Slash van Guns’n Roses. Ek sal dit vir enige iemand aanbeveel.
Ek gaan ook die naweek bietjie Protea Hotel Kruger Gate toe vir n jaareindfunksie. Dit gan befok wees! Ek hoop net nie almal is nou weer so styf nie. Ek is lus om bietjie fles te vat!