Wednesday, November 26, 2008 ~ 0 Comments

Passwords

Righto, so ek het access tot my teef eks se email (Aangesien ek dit opgestel het) en ek het vandag besluit om alles te delete! Ha ha! Teef! Ek het eers bietjie deur alles gelees, soos wat n goeie psycho sou doen. Sy gaan wel nie n paar bookings wat sy gemaak het se conformations kry nie! Baie dom van haar om nie die passwords te verander nie! Miskien het sy gedink ek sal nie so iets doen nie, toe vang ek haar lekker! (Besluit nog of ek haar Facebook profile ook gaan opfok!)

Anyway, sien nogal uit na die naweek! Een van my bra’s kom bietjie kuier en dit gaan n lekker gekettery wees. Gaan heel waarskynlik Saterdag uit my brackets uit gepis raak! My sussie verjaar, die groot 25 en ons gaan lekker party! Vandag bietjie saam met haar gaan rond shop. Sy soek n nuwe EDT en ons het n hele paar getoets. Sy het wel Jean Paul Gaultier se Madame op my gespuit, en ek moet sê, ek is nogal heel in my skik daarmee. Nogal jammer dis n vrouens fragrance! Ek's n groot fan van Gaultier, en ek het self n hele paar van sy fragrances. Sal dit aanbeveel vir enige vrou wat fucking awesome wil ruik. Lekker genoeg om te eet, as jy weet wat ek bedoel!

Ek het gister aand ook vir die eerste keer The Sons Of Anarchy gekyk. Heel impressed. Eerste keer dat ek n ordentlikke biker storie sien. Eintlik my eerste biker storie wat ek ooit gesien het, om die waarheid te sê. Wag, ek lieg. Ek kan ver langs onthou ek het Straatvalk gekyk as n snotneus. Ek dink dit was die 4de episode, so ek sal maar die eerste 3 somewhere moet download (Hint hint Mr CS)

So kom alle kak praat op n einde. O ja, LMPA! Gebruik hom! En my fucktup pc verander die heeltyd "weet wat" na "wee twat" toe. Siesa!