Tuesday, December 23, 2008 ~ 0 Comments

Baie geluk!

Een van my vriende het gister verloof geraak, so ek wil net die geleentheid vat om baie geluk te sê. Maar dis nie al nie. n Ander vriend sms my toe gister aand en sê dat hy en sy vrou preggers is! Ok seker net sy, maar jy weet wat ek bedoel. So baie baie geluk! Dis fuckin awesome! Ek hoop net nie julle gaan die kind so baie libirties laat vat soos daai klein brakkie van julle nie. Julle sal maar vir oom Callie moet bel, dat hy kom met die pakslae! n Baie cool Christmas prezzie!

Op n ligter noot. Ek was n uur laat vir werk vanoggend en my baas is nie dik van die lag vir my nie! Ek kan sy punt insien. Ek meen, ek is immers laat om te kom sit en fokol doen! Ek kan nie glo dat ek niks gemis het nie! Ha ha! Ek is mal daaroor om te werk as almal op verlof is. Ek word betaal vir niks doen. Wel seker nie heeltemal nie, ek moet sê ek lees nogal baie, so ek word betaal om te leer. Kan nogsteeds nie sien hoekom ek vroeg hier moet wees vir dit nie!