Wednesday, December 10, 2008 ~ 0 Comments

Christmas shopping

Vanoggend besluit ek toe om n bietjie rond te shop vir n paar geskenke vir die family en what not. Gaan toe na kalahari se website om n paar cd's of dvd's te kry. Tot my verbasing tune hulle my ek het n R60.00 voucher. Blykbaar kry almal R60.00 af vir die festive season. So click op die link daar aan die regter kant en koop n prezzie. Jy het nog net 15 dae oor, so gebruik dit! En R60.00 is baie! Dis amper soveel soos twee McMeals! (Imagine jy kon McDonalds oor die internet koop. Ok wag, baie dom idee!)

n Goeie idee is om die boek "Is dit net ek, of is als tos?" te koop. Ek dink dit retail maar vir R80.00, en saam jou discount kos hy jou iets soos R20.00! Dit is die perfekte geskenk vir jou jonger boetie, en even vir daai sussie van jou met die slegte gewoontes. As hulle kan lees sal hulle dit like! As hulle nie kan nie, kry vir hulle die nuwe Metallica cd. Nuff said.