Wednesday, December 3, 2008 ~ 1 Comment

Fok jou 2008!

Well fuck me gently! Die jaar is so te sê op sy rug en ek het net mooi F-all om daarvoor te wys nie afgesien van meer kredietkaart skuld en n pens wat my laat lyk soos n swart baba met kwasjiorkor! Dit is vir my sad om terug te dink oor die jaar en te besef dat hierdie jaar, net soos 2004, n jaar van meer terugslae as oorwinnings was! En dit het my laat besef hoe belangrik die volgende stelling is! (Te danke aan n baie goeie vriend)

TYD MAAK FOKOL REG NIE, MENSE MAAK GOED REG!

So dit het my laat besef dat ek nie vir n fok kan toelaat dat 2009 dieselfde pad loop nie! Hier sê ek dit nou! 2009, jou ass is myne! Ek gaan vir jou ry soos wat die ANC die land ry! Tot in die grond en tot ek alles uit jou uit kan kry wat fisies moontlik is!

Die eerste ding wat ek gaan probeer is om net oor die algemeen n beter mens teenoor almal te wees! Ek glo nie in daai Karma kak nie, maar as dit werk, kan dit seker vir my ook werk. 2009 gaan definitief die jaar wees wat ek die lotto gaan wen! Ek probeer nou al so lank en ek kry net 3 nommers en n bonus nommer! En as Karma nou besluit ek mag nie wen nie, soek ek ten minste 5 nommers en die bonus!

Die ander mikpunt is om in 2009 n befokte girl met sober gewoontes te ontmoet en n honest woman van haar te maak! Sy moet ook mooi wees, daai mooi van binne kak alleen gaan nie vir my werk nie! Dan soek ek die kinders en die hond en die hele shebang! Die feit dat ek nie my eie huis besit nie, is dalk die klein spanner in die works. Sy sal n huis moet he, want ek gaan immers die res van ons lewens vir haar sorg! Dis n klein bydrae van haar kant af!

Hierdie jaar gaan ek definitief n moerse vis vang! Daai 15kg baber van my is nou al afgesaag, en ek wil iets soos n sperm whale of iets met n harpoon skiet.. Soos Moby fuckin Dick!

Die ander ding wat ek beplan vir 2009 is om meer vir minder bevooregte mense te doen! Nuff said! En car guards gaan nogsteeds nie n fokken sent uit my uit kry! Jy is nie minder bevooreg nie, jy is lui!

Ek gaan meer oefen, minder drink en gesond eet! En ek gaan minder lieg! Ok miskien is nou n goeie tyd om minder te lieg, so daai meer oefen, minder drink ding is n pot kak! My bad! En ek gaan probeer om minder te vloek. Let wel, probeer.

Die laaste ding wat ek wil he, is world peace! Ek weet, dit klink so Miss Universe, maar what the fuck? Hoe cool sal dit wees?

1 Response to "Fok jou 2008!"

  1. gravatar
    Edna Gee December 3, 2008 at 12:15 PM Permalink

    Ek dink dit sal great wees as jy kan minder vloek, maar hierdie is goeie stukkie.