Wednesday, December 17, 2008 ~ 0 Comments

n Daggie af

So my vakansiedag was heel rustig gewees! Het nie eers Maandag aand shitfaced geraak nie! Meeste van my vriende het maar by my kom kuier en ons het maar net gesit en kak praat, gelĂȘ en kak praat of gestaan en kak praat. Mnr CS het natuurlik dronk van die gholf baan af daar by my aangekom, op my bed geklim en uitgepaas! Mnr CV kan nie ophou om oor sy eks girl te praat nie, so ons het hom baie kak gebyt daaroor. Mns CG het maar net gemoan oor alles, want dis wat hy doen, en ek, wel ek het alles net rustig gevat. Ek en Mnr CV was die oggend by die mall, en kon nie onthou het waar ons parkeer het nie. Dit was 20 minute van op en af loop en mekaar vloek omdat die een verwag het die ander een moet weet waar die kar is. Om dinge net reguit te stel, ek het nie bestuur nie, so dit is nie my verantwoordelikheid nie! Arme CV, hy het gedink sy kar is gesteel en het rerig emosioneel begin raak. Was nogal snaaks gewees! Ek het Transformers op Blu Ray gekyk, dit was awesome! Het n voeltjie hoor fluit dat ek Batman: The Dark Knight by Christmas Vader gaan kry, so ek sien nogal uit daarna. Het House Season 5 gekyk en nog n bietjie van Weeds Season 4. Altwee reekse is awesome! Het weer gesukkel om te slaap. Enige herbal slaap pil beteken fokol. Ek lag vir daai goed, hulle maak my niks! Al wat daai pille goed kan doen is stink! Rerig, dit ruik soos honde kak! Ek kort serious shit om my uit te sit. Daai tipe wat jou eers bietjie laat trip en dan laat uitpaas. Ek het eenkeer in die hospitaal sulke pille gekry. Was befok! Ek sweer ek het vir Dawie die kabouter in die hospitaal kamer se paisley gordyne gesien! So as enige iemand so iets het, of weet waar ek kan kry sonder n voorskrif, hook a brother up! Ek wens ek het genoeg geld gehad om met die volgende vakansiedag n paar vriende Mexico toe te vat vir n donkey show. Ek dink hulle sal dit like.


Dis hoe n mens staan en kak praat. Peace out