Monday, December 29, 2008 ~ 1 Comment

n Random post

Kersfees was awesome! Ek was alleen op Kersdag, maar dit is al so vir seker die laaste 4 jaar. n Goeie tyd om te reflect. My sussie se 3 jarige laaitie het krismis baie geniet. Die hele kersvader ding was baie cool en ek het lekker gelag. Dit is so cool as kinders nog onskuldig is en jy kan hulle nog laat glo in sulke goed.
Ek het die nuwe reeks van Grey's Anatomy gekyk. Dit is eenvoudig net befok! Dit is die een storie wat n straight ou gay kan maak! Ek sweer, as ek nie so baie van n MAN man was nie, was ek nou gay! Daar is tye wat dit so hartseer is, dat jy rerig wil huil. En dan is daar tye wat dit so snaaks is, dat jy huil van die lag. Ek weet nie, dalk is dit maar net ek, of dalk is dit die feit dat ek die hele reeks op een slag kyk en myself rerig in die storie in leef.
Die een ding wat my afpis is dat daai Torres en Hahn chicks rerig nie vir my 2 hot lesbians is nie. Ek meen, wie wil nou na hulle kyk? Dit het my amper laat kots. So daar is die 3de emosie wat jy kry uit die storie uit!
Die krieket tussen Suid Afrika en Australia is awesome! Ek en Mister Fur begin elke oggend een uur die krieket kyk. Behalwe vanoggend, want ek moes mos nou weer kom werk het. Dit is nogal hectic. Ons wou Vrydag en Saterdag aand uit gegaan het vir n dop, maar ons wou eerder krieket kyk! En daar val nou net nog n paaltjie! Ons is besig om die whoop-ass uit te deel!
Dit is so vervelig hier by die werk, dat ek nou al my 2de boek in 3 werksdae gaan begin lees. Dit fokken suck balls om hier te sit! Ek dink dit is net spitefull! As n mens n poes is, dan is jy n poes!
Anyway, ons het lekker gebraai en geswem en krieket gespeel Saterdag. Hierdie krieket speel storie begin nou so half n instelling word, en ek geniet dit. Die tuindienste moet nou net my pitch (grasperk) bietjie rol, want ons kry n bietjie uneven bounce!
Daar is n free mp3 van aKing wat jy kan download by http://www.rhythmrecords.co.za/store/
Die song se naam is Love Your Neighbour. Dit is rerig n befokte song deur n befokte band!
Wel, dit is seker nou maar dit vir vandag. Ek hoop ek verveel myself nie dood nie en ek kry n kans om weer iets te post.