Monday, December 15, 2008 ~ 0 Comments

Naweek praaitjies

Big up to Miss Russia, aka Miss World! Hoe cool is dit dat ek vir een keer in my lewe reg is? Moet sê, het nie die show gekyk nie, maar het n paar fotos gesien. Sy is nogsteeds warm! Dis jammer ek kan stupid goed soos die wenner van Miss World reg raai, maar nie die Lotto nommers nie. Ek het hierdie naweek darem R7.00 met die Lotto gewen, seker maar beter as niks. Ek is nou lus vir Vodka.

Hier waar ek nou sit voel ek super tos! Het omtrent nie n oog toegemaak gisteraand nie. Het Season 5 van House (Die beste storie ooit!) tot 1 uur vanoggend gekyk en toe aan die slaap geraak. Het drie uur wakker geword met die grootste 'wife beater' ooit! En ek het gedroom van n ou eks girl van my, wat nogal weird is. Was eintlik bietjie van n nagmerrie. Seker omdat sy baie na Katy Perry lyk, en omdat ek daai videos van Katy Perry gereeld op die tv sien. En ek moet onthou om nuwe hoofpyn pille te kry, want myne is nou klaar. Ek sweer, het gedink my kop gaan ontplof. En ons het Saterdag bietjie geswem, gebraai en backyard cricket gespeel, en die son het my goed getert! My lyf is nou nog seer gebrand en my spiere styf! Dis dalk die ander rede dat ek nie lekker kon slaap nie. Moet sê, het lekker geparty, en thanks aan almal wat daar was.

Ek het season 4 van Weeds (Die beste storie ooit) ook begin kyk. Dis baie snaaks, en ek geniet dit baie. Gaan seker vanaand weer House kyk, en dit dan bietjie afwissel met Californication season 2 (Die beste storie ooit!)
Daar het wel gister aand ook iets weird gebeur. n Meisie (Wat ek al voorheen ontmoet het, maar glad nie ken nie) het by ons huis aangekom. Ek dink iemand het haar aangerand. Haar gesig het baie sleg gelyk. Sy wou nie sê wat gebeur het nie, en het net die heeltyd gesê sy het geval, wat n kak storie is! Sy wou ook nie gehad het ek moet die polisie bel nie. Na n rukkie het sy net by die voordeur uitgeloop en weg gehardloop. Ek kry haar baie jammer. As dit is dat iemand haar aangerand het, hoop ek hulle word goed opgefok! Dis rerig kak styl! n Mens slaan mos nou nie aan vrouens nie! Shame.

Anyway, ek gaan nou maar verder hier sit en maak of ek besig is en die dag om wens! En dink aan al die mense wat op vakansie is en hoe baie ek hulle haat!