Monday, January 5, 2009 ~ 0 Comments

2009

En so het 2009 aangebreek sonder dat ek eers my laaste post vir 2008 gedoen het. Ek vra onverskoning. Op die paar af daggies wat ek af gehad het so teen die einde van die jaar het ek eerder geparty en diep in die bottle gekyk. Nie veel tyd gehad vir dagboek nie.
Het n befokte new years party gehad by Rhapsody’s. Ons was seker so 14 vriende en vriendinne wat saam geeet en gekuier het. Die rugby spelers wat langs ons gesit het, het bietjie ons “Chi” gesteel. Die vrouens het naatuurlik aan hulle gehang soos n klomp brommers aan n drol. Vriendelikke versoek aan rugby spelers. Gaan hou asb vakansie by die see of in die bos. Ek wil jou rerig nie sien as ek bietjie wil gaan party nie. As ek jou wil sien sal ek kaartjies koop vir Loftus, so asb, fok weg!
Daar was weer een van daai huge parties by my huis die naweek. Dit het gerock! Baie gelag, baie gedrink en niks geeet nie. Daar was glad nie kos oor nie, en ek kan nie onthou dat ek enige iemand sien eet het nie. Nogal weird. Het n cool meisie ontmoet. Nie eintlik ontmoet nie, bevriend. Sal haar bietjie later uit vat en kyk hoe gaan dit.
My vriend Mister C het in die vuur in geketer. Was nogal snaaks, wel, tot n mens besef hoe skeef dinge kon geloop het.
Het lekker saam my sussie gekuier. Eks bly, want ek mis haar baie en dis lekker as sy eers op n roll is!
My potbrood was heel duidelik n moerse sukses, want daar was ook niks van dit oor nie.
Het gister aand begin om Knight Rider 2008 te kyk. Dis nogal cool, op n zef manier. Dit is eintlik daai tipe ding wat jy nie wil kyk nie, maar nie kan ophou kyk nie. Ek dink dit is omdat die girl wat daarin speel slet warm is! Dis jammer die kar is bietjie van n reject uit Transformers uit. Ek meen, dis n Mustang wat kan shape change! Die kar verander sommer in n bakkie. Ekskuus, n LDV. n Bakkie is n ding wat n hond uit eet.
Anyway, ek hoop almal het n befokte 2009. Mag hierdie jaar die jaar wees waar jy jou trou vrou ontmoet, jou krediet kaart afbetaal, Cope die verkiesing wen en Zuma in die tronk sit. En mag jy dalk die Lotto wen! En ek hoop jy vang baie meer vis!