Thursday, January 8, 2009 ~ 0 Comments

8 Januarie

En so kom dit toe dat ek die 28ste herdenking van my geboorte vuur. Moet sê, ek het meer verwag. Ek wil net geluk sê aan Charles ook, want ek en hy deel hierdie dag. Baie geluk my vriend, hoop dis n mooi jaar vir jou.
Charles is presies n jaar jonger as ek, en toe ek nou mooi daaroor gaan dink het, het ek besef dat ek eintlik jaloers op die man is. 27 Klink net baie beter as 28! En hy like om dit die heeltyd vir my te noem.

Op n ligter noot, Californication season 2 rocked out with its cock out! Ek het dit uiteindelik klaar gekyk. Dit is eenvoudig alles wat ek wil sien in prime time television.
Baie mense kom na my toe en sê thanks dat ek vir hulle van die Kings Of Leon album vertel het. Ek het julle mos gesê. So as julle weer n goeie album wil aanskaf hierdie jaar, kyk uit vir iets deur Die Heuwels Fantasties! Afrikaanse elektronika as jy dit kan glo! Maar dit is awesome, al het ek nog net 3 songs gehoor!

Die naweek gaan ons bietjie party daar by my huis en ek sien nogal uit daarna. Ek sal probeer om n paar pics te post (as ek lank genoeg nugter gaan wees om enigsins n kamera te operate).

Keep it real people!