Thursday, March 26, 2009 ~ 0 Comments

Rrrrt!

Gister gaan loop ek n draai deur die dorp saam my liefste moeder. Daar by die robot by die poskantoor wil ons toe die pad oorsteek. Mnr Boy Baloy trek hier voor ons saam ons weg toe die lig groen word en daar gaan ons. In die middle van die pad gee die knaap die hardste fokken poep wat ek nog ooit gehoor het. Ek dog die aarde is besig om oop te breek! En hier staan ek en moeder in die middel van die pad, trapped. Ek begin toe te lag, want ek meen, wat de fok moet ek anders doen? My ma kyk eers na my met piering ogies en bars toe ook maar uit van die lag. Lang storie kort, die man se poep het amper gemaak dat ek in my broek skuit van die lag, one time! En ek dink hy is 70 jaar oud of iets.
Dis snaaks dat sulke ou mense nog so baie kompressie kan opbou…