Thursday, April 2, 2009 ~ 0 Comments

Die Birthday Party

Ek sit toe sommer gister aand daar in die kuierplek en maak n paar notas op my foon. Toe ek vanoggend weer daar deur lees, val ek amper op my rug! Lyk asof ek gister aand besete was! Shoe! Lyk my die mense het my bietjie kwaad gemaak.

Lang storie kort, ons birthday party het begin in die big W (Witbank) en weer geeindig in die Burg.
Die gebeure gaan as volg opgebreek word:

Die big W
Die trip terug
Die watergat

Die big W was n groot fokop. Ek weet, ek weet, as n mens stupid is moet jy nie moan daaroor nie. Om dit mooi te stel, die tafel langs ons was gevul met allerhande soorte tapits! Die overall en safety boot tipe. Die heeltemal te veel make-up tipe. Die heeltemal te min make-up tipe, en natuurlik die plain en simple lelike tipe.
Nie lank na my eerste koue een nie, begin die manne mekaar aanvat en dis n gestamp en gestoot. My tafel is naturlik dumbstruck en sit met piering oe en kyk, nou en dan giggle iemand, seker ook maar net omdat hulle nervous is. 2 Tafels verder begin n tafel vol ou oomies hulle ook te chirp, en mnr overall broek like dit toe nie kwaai nie en wil sommer die hele restaurant plat slaan.
Ek order toe natuurlik n stuk malva poeding wat verseker gesponsor was deur Michelin of Goodyear! Met ander woorde, fokken sleg en sal verseker hoer hop as daai 2 rand rubber balletjies in die gumball machine! Daai kak word toe terug gestuur! Hulle kom toe na seker n half uur later terug (Die waiter se naam is REMEMBER, wat sy duidelik nie kon doen nie – het haar herdoop as FORGETFULL) en sê dis hoe hulle malva proe. Fokkit! Ek haat hierdie plek met n passie. (Onthou my dat ek later by Woolworths uitkom, hulle malva is die shit!)

Ek sou gelike het om te kon sê die pad terug was rustig, maar dit was nie. Dit was 4 mense wat almal gedink het hulle karre is die vinnigste en dat hulle dit moet bewys. Gelukkig het alles goed afgeloop (Behalwe dat ek amper die tollgate fucked up gery het)en ons was chop-chop terug in die burg (Ek hoop nie ek kry iets in die pos nie, want hulle gaan my verseker kom bopa!)

Die watergat was nou weer n fokop op sy eie. Die musiek is kak (Maar die mense like dit) en die drank is sleg! Ek sal jou aanraai om altyd iets wat uit n geseelde bottel of blik kom te order. My keuse – koue Amstel.
Die shooters word definitief gemeng met spirits, mediese alkahol of cutex remover. Fokken sleg! En glo my,dit fok jou konstitusie op. Ek post van die troon af! (Ha ha, nie rerig nie!) Weereens vang ons die jackpot met table allocation en sit langs meneer jan raap met die kortbroek en fokol skoene. WTF bra, hoe werk jou kop? Hierdie is n publieke plek en jy is besig om jou naam weg te bliksem. Die knap het natuurlik vir Mnr L baie afgepis!

Uit die hele experience het ek die volgende geleer:

- Moet nooit Witbank toe gaan nie, en met nooit bedoel ek nie eers al speel die Bulls op die Johan van Riebeeck stadium nie!
- Moet nooit vanaf die 25ste van die maand tot en met die 10de van die daaropvolgende maand na enige pub, bar of restaurant toe gaan nie, en veral nie in Witbank nie! Dit is die tyd waneer die myn manne en fabriek manne hulle geld gaan blaas op n bord chips en fokken baie brannas! En dis die brannas wat hulle almal ewe skielik in superman laat verander.
- Sorg dat jou booze in n geseelde houer kom!
- Koop jou poedings by Woolies.
- Moet nie drink en bestuur nie.
- As jou waiter se naam Remember is, is jy gefok, want haar naam is nie n indikasie van haar mental strength nie, sy lieg vir jou.
- Trek fokken skoene aan jou zefgat!