Friday, May 22, 2009 ~ 1 Comment

n Aandjie uit

Deur die loop van die week het ek n uitnodiging gekry vir die anual gala aand wat aangebied word deur MHS en Middelburg Tegnies. Dit word gedoen om die local rugby derby tussen die 2 skole te promote. Die gas spreker vir die aand was Johan Ackerman, die Springbok / Sharks rugby speler.

Dit was n baie goeie praatjie gewees en ek dink dit het wonders gedoen vir die 2 betrokke spanne se spelers in opsigte van motiveering en goeie sportmanskap. Natuurlik het ons ook n bietjie gekuier en lekker geeet. Bern's het blykbaar bietjie lekkerder as meeste van ons gekuier, want hy moan al van vroeg af oor n seer kop! Wyn is nie speletjies nie! Ons was n tafel vol goeie vriende en natuurlik was meeste van hulle oud MHS leerlinge. Obviously was daar een tegnies ou aan ons tafel en hy het baie kak van almal af gekry.

Ek wou graag n foto van Johan Ackerman hier post, net om te wys wat se reus van n man hy is, maar ek het nie die guts gehad om hom te gaan vra nie. Hy is n huge ou en eintlik maak hy my bang! Ek sou nie graag teen hom wou rugby speel nie.






Thanks aan HJ en NICTRU ondernemings vir die invite, dit was awesome!

1 Response to "n Aandjie uit"

  1. gravatar
    Edna Gee May 22, 2009 at 2:19 PM Permalink

    jy lyk smart in 'n suit.