Tuesday, May 12, 2009 ~ 2 Comments

Wat het van ons geword?

Daar het iets seriously fout gegaan in my lewe! Ek het gister aand The Jane Austen Book Club op Mnet gekyk, en ek het gedink dit is n goeie fliek. Op seker stadiums het ek myself gekry hardop lag! WTF? Waar in my lewe het iets skeef geloop? Miskien is dit as gevolg van die company wat jy keep. Half 12 gister aand kry ek n sms van een van my vriende, ‘n man, wat die volgende sê:

“EK pis alweer oor Grey’s!”

Pis in hierdie geval beteken huil, en Grey’s beteken Grey's Anatomy. Ek neem aan dit is episode 21 wat nog nie locally uitgesaai is nie, maar vrylik beskikbaar is op die interwebs.
Dit het my laat besef dat ek dalk te min ‘MAN MAN’ mans vriende het. Regte mans, wat vuur kan maak deur 2 stokke teen mekaar te vryf en visse met hul bare hands kan vang en vrot is van die bors hare! Nie die David Becham tipe wat op ‘n Saterdag sal gaan shop vir ‘n cake lifter nie, wat de hel dit ook al is. Of die tipe wat sy vriend sms en vertel hoe lekker hy huil nie, of die tipe wat se hare deur ‘n moffie gesny word nie en mal gaan as daar ‘n sale by POLO is nie. Ek dink daai shit is besig om op my af te vryf, want ek meen, n straight ou soos ek kan om die dood nie dink dat The Jane Austen Book Club ‘n goeie fliek is nie!

2 Responses to "Wat het van ons geword?"

  1. gravatar
    Charles May 12, 2009 at 11:32 AM Permalink

    Miskien is dit omdat jy jou hare droog kry met 'n Haardroër.

  2. gravatar
    Edna Gee May 21, 2009 at 8:27 PM Permalink

    Dis 'n goeie ding,wys jy het meer brein selle as die normale man man. Metrosexual is cool