Monday, June 15, 2009 ~ 1 Comment

Guess who's back

Joh joh joh! Ek is jammer ek was so lanklaas hier, maar ek moet sê, ek was nogal besig gewees. Ok wag, dis n absolute pot kak, ek is net vreeslik lui. En hoe kouer dit word, hoe luier word ek. Ek is jammer.

Anyway, het myself in n hele paar ongemaklikke situasies gekry die laaste tyd. Die weirdste van die lot sal ek maar met julle deel. 2 Meisies (waarvan ek nie een date nie) het gedink ek date hulle altwee. Klink cool ne? Nee, dit is nie. Ek dink hulle is besig om my demise te plot, so as julle niks van my hoor nie, lê ek seker iewers in iemand se freezer met my ballas in my hand. Ek het egter agter gekom dat jy jouself maklik uit so situasie kry deur so 2 of 3 sms'e wat net die heeltyd die blame shift. Easy peazy lemon squeezy.

O ja, Vodacom, julle etters skuld my 3 honderd rand. So as ek dit nie binnekort terug kry nie gaan ek julle goeters opfok. Ek is nie daai ou wat moan by Eskom oor sy motors of whatever nie, ek gaan julle goed rerig opfok! Ek het onlangs geleer hoe om n pyp bom te maak (Dankie Google) en ek sal julle toring wat soos n palm boom lyk daar naby my ma-hulle se huis fuckedup skiet! Ongelukkig is dit al een wat ek kon uitken, die ander lyk seker soos regte bome of iets, want ek sien dit nie. So ek waarsku sommer nou al die mense in die Kanonkop en Dennesig area. Julle mag dalk vir n ruk nie 3G he nie.

Ek het weer al 6 van die Star Wars movies gekyk so 2 Sondae terug. Vet babalas gehad en dit was net die regte cure. Daai movies bly nogsteeds vir my awesome. Ek dink ek gaan n ding bou wat vir my Ewoks kan maak of clone of iets, ek love daai goed. En ek het tyd in Potchefstroom spandeer wat net so lekker was. n Ander tipe leefstyl daai kant. Jy kan n Brandy en Coke wat klaar saam gepackage is daar kry. n Brandy combo, of n whiskey combo, of Po10c combo etc. Jy kan basies alles in n cheap combo kry. Befok.

Ek gaan nou my chill aansit vir more se vakansiedag, so keep it real.

Ek wil ook net dankie sê aan Charles wat eenkeer gemeenskap met die beer by die PTA Zoo gehad het om te kyk of daar nie dalk n Ewok vir my gaan uitkom nie...

1 Response to "Guess who's back"

  1. gravatar
    Anonymous June 16, 2009 at 10:38 AM Permalink

    Ek het nou lekker gelag!