Wednesday, July 29, 2009 ~ 1 Comment

Biltong

My pa besluit die ander dag hy gaan nou sy eie biltong maak. Ek bestel toe vir hom n stuk bees boud of kwart (Die biltongvleis stuk) of whatever by Frank's meat.
Nou almal weet dat ou Frank seker die beste vleis suid van die noord pool het. Ek meen, mense wat ek ken kom even van Pretoria af om by hom vleis te koop. So kom die vleis en daar laat waai my pa met al sy boere resepte. Ek weet nie of hy my altyd kak vertel het toe hy gesĂȘ het hy het op n plaas groot geword nie, maar ek het nou n sterk vermoede dat dit n pot tos was.
Hy try my vertel van hoe hy hierdie kruie meng met daai kruie en hoe hy eers sy koljander rooster. Ek meen, hy gaan aan soos n afrikanse weergawe van ou Jamie Oliver. Ek dink ek noem hom sommer van nou af Jannie Olivier!
Anyway, ou Jannie hang toe die biltong en die wors (Frank het die wors gemaak, Jannie moes dit net hang). n Week gaan verby en die wors is ripe for the picking.
Nou die mense wat hom ken sal weet dat ou Jannie n suinige etter is. Sy vleis is sy vleis, en hy deel nie graag nie. So begin mission impossible toe. Mission impossible in hierdie geval is waneer jy deur 2 veiligheids hekke en 2 deure probreer breek om n ander familie lid se goeters te steel. My pogings was onsuksesvol...
Ek benader die situasie op die slim manier. Besluit om my "insider" kaart te speel en vir ou mammie nader te trek vir n bietjie hulp. Awesome, sy is in en haak toe vir my n Pick 'n Pay sak vol biltong en droewors (Kan nogsteeds nie 2 kolletjies op n "e" maak nie!).
So is ek mos nie links nie en ek laat my eetlus los op daai droewors terwyl ek daai biltong mooi dophou uit die hoek van my oog. Dit is soos die prys aan die einde van die fight met die wors. My mond water... 'n Glasie Coke verder en ek is reg vir die billies.
My fok! What a dissapointment! Die fokken goed het nie genoeg sout nie en dit proe na absoluut fokol. Ok wag, seker nie na fokol nie. Ek dink dit is hoe n perd se piel sal proe as jy hom afkap, bietjie op die gras vryf en dan laat droog word vir 2 weke. Perd piel biltong! Dit is die nuwe flavour van ou Jannie Olivier! En moenie worry nie, gelukkig is dit n "secret recipe", so niemand anders gaan binnekort daaran blootgestel word nie...

1 Response to "Biltong"

  1. gravatar
    Anonymous March 15, 2010 at 10:17 PM Permalink

    Hello,nice post thanks for sharing?. I just joined and I am going to catch up by reading for a while. I hope I can join in soon.