Friday, July 24, 2009 ~ 0 Comments

Die Army

Liewe Ma en Pa,Dit gaan goed met my en met julle?

Sê vir boetie Wouter en boetie Koos dat om in die Army te wees baielekkerder is as om vir Oom Piet te werk. Hulle moet sommer gou komaansluit voordat al die plekke gevul word.

Ek was eers baie ongemaklik omdat mens in die bed moet bly tot amper06:00, maar nou geniet ek dit om so laat te kan slaap. Sê vir Wouter enKoos al wat mens voor ontbyt moet doen, is om jou bed netjies en glad temaak en goed blink te vryf. Nikse gevarke voer, koeie melk, mampoermeng of braaihout kappery nie. Jy doen amper niks! Manne moet nogskeer, maar dis nie so erg nie, want daars warm water.

Brekfis is sterk op vrugtesap, pap, eiers en bacon, maar minder sterkop steaks, boerewors, tjops, aartappels en goed soos vetkoek. Maar sêvir hulle jy kan altyd tussen twee dorpsjapies wat net van koffie leef,gaan sit. Hulle kos plus joune hou mens darem vol tot twaalfuur toewanneer jy weer gevoer word.

Hierdie dorpsjapies kan nie juis ver stap nie. Ons gaan op roetemarse,wat ons sal taai maak, sê die Sersant. As hy so dink is dit mos nie myplek om hom reg te help nie. 'n Roetemars is omtrent so ver soos tot byons posbus by die huis. Dan kry die dorpsjapies seer voete en ons almalry dan terug in lorries. Die veld is mooi, maar baie plat.

Julle gaan julle morsdood lag as julle hiervan hoor. Ek bly medaljeskry vir skiet. Ek weet nie hoekom nie. Die bulls-eye is net so grootsoos 'n dassie se kop en beweeg glad nie eers nie. En dit skiet nie eersterug soos daai bliks%#se Venters van die buurplaas nie. Al wat jy moetdoen is om doodstil te lê en dit raak te skiet. Jy hoef nie eers joueie ammunisie te maak nie, dit kom in bokse.

Dan is daar wat hulle noem "hand-to-hand combat training". Jy stoei metdie dorpsjapies van die stad af. Ek moet versigtig wees, want hulle krymaklik seer. Dis nie soos om met ons ou bul, Swart Duiwel, by die huiste stoei nie.Ek is omtrent die beste wat hulle in hierdie peleton het, behalwe virGroot Jan Jordaan van die Bosveld. Hy het saam met my aangesluit. Maarek is omtrent 5 voet 6 en weeg 70kg en hy is 6 voet 8 en weeg maklik150kg, droë gewig.

Sê tog my boeties moet gou maak en aansluit voordat ander ouens uitvindvan die ongelooflike Army setup en aangestorm kom!

Julle liefdevolle dogter

Ester