Thursday, August 13, 2009 ~ 0 Comments

DIY

Ek het onlangs besluit dis tyd vir n nuwe wall unit of tv stand kas ding of whatever jy dit noem. Ek kry toe iets wat ek like by Boardman's, maar hulle het nie stock nie. Lyk al te mooi daar in die winkel.
Gister stuur ek my ma om vir my die ding te gaan kry aangesien daar nou weer stock is. Kom by my huis en kry hierdie moerse boks daar. Die hele unit moet self aanmekaar gesit word! WTF? Dis nie hoe die ding in die winkel gelyk het nie!
So 9 uur gisteraand na my social netbal besluit ek toe maar om die ding te tackle! Wat n fokop! Ek moes daai ding seker drie keer oor bou! Daai instructions is tos! Ek dink n ritard het die goeters geteken en die stappe uiteen gesit! (En ja, ritard is nie verkeerd gespel nie, gaan kyk The Hangover!)
Toe ek nou amper klaar is, 1 uur die oggend, kom ek agter die fokkers het vir my een part te min gegee! Nou staan my hele huis vol halfgeboude kas parte! Seriously, ek was reg om n wimblik te kak! Gelukkig was hulle baie behulpsaam toe ek bel en die storie aan hulle oor vertel. Hulle sê ek kan n part kom kry, moet net my POP vir hulle wys. Baie cool. Nie eers nodig gewees om mense te vloek nie.
Ek moet ook bylas dat ek die hele ding aanmekaar en uitmekaar gehaal het met net my Leatherman, want dit is hoe regte mans roll! En ek het al die kapwerk gedoen met n aluminium asbakkie. Ek moet sê daai Leatherman is nie skaam om jou hande te eet nie.
Ek het fotos geneem van before, maar nog nie van after nie. Ek sal dit bietjie post as die piece of shit eendag klaar is. En dit voel of my rug afgery is deur 10 agtienjarige girls op Red Bull!