Tuesday, August 25, 2009 ~ 0 Comments

Progress Report

Ok, so dit is dag 2 van my 3 weke jaarlikse verlof. Dag 2. Klaar verveeld. Om een of ander rede het ek gedink dit gaan exciting wees en ek gaan die heeltyd besig wees. Ek was verkeerd. Eensaam en alleen.
Ek het besluit om nog so n houtwerk projek te begin, net om myself bietjie besig te hou met iets konstruktiefs. Niks major nie, net n laaikas wat ek n bietjie gaan refurbish. Maar ek gaan eers more daarmee begin. Moet eers bietjie die regte gereedskap gaan kry vandag.
Ek het ook gister begin om die reeks Kings te kyk. Nogal cool. Ek dink al hoekom dit nogal cool is, is omdat ek niks anders het om te kyk nie. Anyway, die storie voel vir my asof dit so half n moderne weergawe van n klomp bybel verhale is. Ek mag verkeerd wees. Die hoof karakter se naam is David Sheperd. David is n bybelse naam. Sheperd omdat dit voel of hy half die mense wil ly, sy flock en what not. Ek weet nie, dis wat ek dink. En hy het man alleen n tank opgeblaas, soos Dawid en Goliat.
Anyway, ek gaan nou maar weer Wimpy toe. Dis al wat ek doen. Slaap, kyk tv, speel games en gaan eet by die Wimpy. Nie so lekker as wat dit klink nie.
Ek wil ook net simpatie uitspreek teenoor Charles. Die kompleks waar hy bly het nou al vir 3 of 4 dae nie water nie. Ek dink dit moet heavy balls suck! En thanks dat ek daar kon oorbly na my ekskursies in Pta.
O ja, was Saterdag by Movida in Joburg vir die ex girlfriend se birthday party. Was heel aangenaam gewees. Daai plek is net fokken duur! Nie gemaak vir mense soos ek wat van die platteland af kom nie. Ek het nogsteeds heavy geblaas geraak en lekker gekuier. Ek het even gedans. Seriously, dit is net weird as ek dans! Geen ritme en dit lyk absoluut tos! Dis die een ding wat ek wens ek kon afleer! Maar hoe sĂȘ hulle? Ek was nie dronk nie, ek was awesome! En daar is fotos van my op hulle website! Gaan check dit uit as jy lus is vir n lekker lag! Ok, dis die ander ding wat ek wens, om nie altyd so tos te lyk op foto's nie. Ek blameer alles op die booze!

PS. My bediende is hier en nou werk sy weer asof dit uit die mode uit gaan! Seker net omdat ek ook by die huis is. En ek en sy praat nie juis nie, wat ook weird is. En sy het seker die ongemaklikste skoene ooit vir werk aan! Ek dink haar voete vat n serious raping. En dit klik-klik die heeltyd hier op die teels. Irriteer my...