Tuesday, September 15, 2009 ~ 0 Comments

Vakansie update - incomplete

So ek het gister weer begin werk na 3 weke se verlof. Dit suck cock and balls!
Ek sukkel om aan die gang te kom. En ek dink die feit dat alles goed opgefok is terwyl ek weg was is nie juis motiverend nie. Ek het darem n awesome vakansie gehad, maar ongelukkig het ek nog nie die foto’s terug gekry nie. Luhan se memory card wou nie werk nie en toe gee ek hom myne, so ek wag nou weer vir hom. Ek sal like om alles met fotos te verduidelik, want ek dink net julle sal beter verstaan. As ek sĂȘ ek het 40 kilometer op n boot gery waar geen nugter mens sy lewe sal waag nie, sukkel mense om jou te glo as daar nie n prentjie by is nie. So ek gaan maar wag vir die pics.

Op n ander noot. Dit is somer en warm en ek love dit. Al nadeel van die hele ding is dat die werkers in die workshop ook die hitte ervaar en hulle perspireer meer as gewoonlik. Bly altyd aan die bokant van die wind, trust me!