Monday, November 24, 2008 ~ 0 Comments

Random tos

Righto! Wat n befokte naweek! Eintlik het daar niks besonders gebeur nie, maar dit was lekker. En veral om te sien dat die Springbokke weer goeie rugby speel en dat hulle bietjie pakslae uitgedeel het! Vrydag aand was weer een van daai aande wat jy nie eintlik wou gehad het nie. Lekker geblits en sonder sleutels, probeer ek half 5 Saterdag oggend in my eie huis inbreek! Wat n mission. Nie reg gekom nie! En dit het mos lekker gereen, so ek was vol fokken modder!

Saterdag was maar babalas dag en het net gechill en rugby gekyk. Thanks Mr Fur wat my die heel naweek company gehou het!

Ek wil net vinnig sê dat Call Of Duty 5: World At War n awesome game is, en ek weet nie hoekom sê almal dis tos nie! Gepraat van tos, die nuwe bestseller van die jaar IS DIT NET EK, OF IS ALS TOS? Is ook uit. Dis geskryf deur Griffen en Chopper Charlie. Gaan order hom sommer daar by www.kalahari.net. Ek verwag my copy vandag. En by bestseller bedoel ek nommer 3 op die top 10 na 3 dae. Hy het ou Steve se boek se asem weg geslaan!

“It's hard to wake up
When the shades have been pulled shut
This house is haunted
It's so pathetic
It makes no sense at all.
I'm ripe with things to say
The words rot and fall away.
If a stupid poem could fix this home
I'd read it every day.”