Ek sukkel deesdae met inspirasie vir hierdie blog. Alles wat ek lees is net negatief en ek is moeg daarvoor! Ek wil van nou af positief wees en oor positiewe goed blog!
Mmmh….
Mmmmhh…
Fok dit!
Stofile, jy is n idioot! Maak volgender keer seker van jou feite voor jy jou bek rek! Lank lewe die Springbok! Ek kry allerhande emails oor die Sharks en Bulls final die naweek. Ek wil net sê, julle sharks grappies is tos en die Bulls grappies is baie beter! Wys jou maar net wat se skerp goed n blou brein kan uit dink! En nee, die Sharks gaan nie wen nie. So bly nou eerder stil, anders gaan jy Maandag ook soos n doos voel. As die Bulls nie wen die naweek nie, sal ek R100 vir die SPCA skenk Maar ek weet darem nie. Ek dink daar gaan n paar honger brakkies wees come Monday!
My homeboy Obama is op die rampage en hy loop al hoe verder voor in die polls! My bra Charles dink die mense sê nou hulle gaan vir Obama stem, maar when push comes to shove, gaan hulle vir McCain stem. Ek dink dis n pot kak! Obama FTW!!!
Waneer laas het jy iets so mooi gelees? Kom van die ANC website af. As jy my nie glo nie, http://www.anc.org.za/misc/stem.html
Uit die blou van onse hemel, uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes waar die kranse antwoord gee.
Deur ons ver-verlate vlaktes met die kreun van ossewa -
Ruis die stem van ons geliefde, van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem, ons sal offer wat jy vra:
Ons sal lewe, ons sal sterwe - ons vir jou, Suid-Afrika
In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop of wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf -
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland! ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners - kinders van Suid-Afrika.
In die songloed van ons somer, in ons winternag se kou,
In die lente van ons liefde, in die lanfer van ons rou,
By die klink van huweliksklokkies, by die kluitklap op die kis -
Streel jou stem ons nooit verniet nie, weet jy waar jou kinders is.
Op jou roep sê ons nooit nee nie, sê ons altyd, altyd ja:
Om te lewe, om te sterwe - ja, ons kom Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, o Here! om te handhaaf en te hou -
Dat die erwe van ons vad're vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry.
Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer -
Met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer
Hoe awesome is dit?