Wednesday, October 15, 2008
~
Ek neem aan almal het nou al van die hele Luke Watson debakel gelees (dis in al die koerante en ek is seker dit sou op die 8 uur nuus ook genoem gewees het), so ek gaan nie veel uitbrei daaroor nie. Ek dink die foto sê alles! (Kom die nuus ooit nog 8 uur op?)
Monday, October 13, 2008
~
Gister aand het ek myself bietjie getreat met n DVD, aangesien ek al die tos Mnet movie gesien het. Die movie wat ek toe gekry het se naam is IN BRUGES. Bruges is n dorpie in Belgie incase jy gewonder het. Dit gaan oor 2 hitmen wat moet wegkruip na n job wat hulle bietjie opgefok het. Die hoofrolle word gespeel deur Colin Farrel en daai ander ginger met die groot ore. Ek dink hy het ook in Harry Potter gespeel. (Hy was die een onderwyser met daai dodgy oog) Dit was rerig vir my n awesome movie! Die humor is bietjie donker maar ek like dit mos kwaai. Die acting is ook goed en daar is nogal taamlik baie bloed en breins wat spat en ek hou daarvan dat hulle midgets in die movie gebruik het. Ek gaan nie meer oor die plot uitbrei nie. Gaan neem die ding uit en besluit vir jouself. En nou dat ek mooi daaran dink, dink ek Lord Voldermort (Hoe ookal jy dit skryf) van die Potter movies speel ook daarin! O ja, en toe kon ek nie vir n fok aan die slaap raak nie, so ek is alweer vandag in my fuck you in! En die mense hier by die werk pis my lekker af! Die woorde "dom poes" warrel nogal baie deur my kop!

Friday, October 10, 2008
~
Wie van julle mother fuckers het al The Secret op DVD uitgeneem? Lekker jou geld gemors ne? Dit is seker die grootste pot kak onder die son. Een van my housemates kom so paar aande terug met daai stuk kak by my huis aan. Ek het nog nooit van die kak gehoor nie, en ek dog toe yeah, movie tyd. Hulle start daai ding op en ek sê vir jou, ek is stom geslaan! Om te dink dit is so maklik! As jy iets wil hê, dink net hard daaraan en jy sal dit kry. Wat n klomp kak! Hier waar ek nou sit dink ek aan n lekker vet blowjob (Om die waarheid te sê, dink ek al seker vir 3 maande daaraan!) en wat kry ek? Fokol! Hierdie is nie eintlik n review nie, want ek het net 10 minute van my lewe op daai kak gemors. Hierdie is n waarskuwing! Moenie hierdie kak kyk nie, en moenie glo wat hulle vir jou sê nie! The Secret is dat hulle geld maak uit jou eenvoudigheid uit. Jy, wat hierdie kak uitneem en betaal daarvoor. En ek hoor daar is so boek ook. Gaan nie eers begin daaroor nie. En ek dink nogsteeds aan n lekker vet blowjob!
~
So ek lees toe n berig vanoggend oor Butana Komphela wat sê die Springbok embleem moet verwyder word want dit is n simbool van “white arrogance” en dat dit n racist symbol is. Ek wens ek was n racist, want ek sou hierdie dom kont se poes so gevloek het, hulle sou my tien teen een permanent verban het van die interwebs af! Hy is die racist. Ek dink n wit Afrikaner boer het hom hard in die hol genaai in die apartheids era en hy is nogsteeds suur daaroor! Daai embleem het al meer mense van verskillende rasse en agtergronde bymekaar gebring as Black Eyed Peas konsert! Ek dink daar is belangrikker goed om op te fokus, soos crime en AIDS. Dit is alles dinge wat alle Suid Afrikaners dagliks raak en daar is geen teken dat dit enigsens beter word nie. Nou vra ek vir jou met trane in my baby blue eyes, gaan n nuwe embleem op n Springbok trui maak dat minder mense dagliks dood gaan aan VIGS of poverty? Gaan dit maak dat almal ewe skielik saam staan as een man en Springbok rugby ondersteun? Stop my as ek verkeerd is, maar is dit nie wat die Springbokke gedoen het toe hulle die wereld beker gewen het nie? Was almal nie trots nie? Ek kan nie onthou dat daar ooit gesê was enige iemand in Springbok rugby, of te doen het met Springbok rugby, was arrogant? Nee, almal was bly, want anders as Bafana Bafana en die olimpiese span, het Suid Afrika iets gewen, en dit oortuigend gedoen! Maar dit is seker maar so, as iets goeds gedoen word, en dom poese soos Khompela het niks daarmee tedoen gehad nie, sal die racist kaart altyd gegooi word. En ek dink in hierdie geval is Khompela die joker, en min games word met n joker in n pak gespeel!

Thursday, October 9, 2008
~
So ek het besluit ek gaan vandag na werk bietjie by my chick kuier daar in die Jakaranda stad. Dis die eerste keer wat ek so iets gaan attempt en ek het so gevoel ek gaan more laat wees vir werk. En ek is slet moeg, so hou duim vas dat ek veilig daar aan sal kom, en veilig terug kom for that matter!
Ek het vir haar gesê as ek daar by haar huis kom soek ek n lekker bord gekookte kos, want ek is nou al gatvol vir cream crackers en marmite of cream crackers en cheese spread! Sy sê toe dis reg, maar ek moet asb vir haar n skerp skêr saam bring sodat sy my hare kan sny. Nou vra ek jou met trane in my oe, hoe de fok werk dit? Lyk ek so kak? Ek vra vir haar wie se hare het sy al gesny, en sy sê haar boetie en haar kat sin. Nou kyk, ek is nie bloed nie van haar nie, en ek kak ook nie in n box sand nie, so daar is nie n manier wat dit gaan gebeur nie!
Ek het dadelik n afspraak by my haarkapper gaan maak! En wie sny in elk geval n kat se hare? Val daai kak nie vanself uit nie?
Monday, October 6, 2008
~
Koue Amstel lager
Perfekte braaivleis vuur
bloed loop uit drie vingers
Wednesday, October 1, 2008
~
Ok, ek weet nie mooi hoekom hulle hierdie bailout plan nodig het nie. Ek weet dit het iets te doen met Wall Street en mense wat hulle huise verloor. Hierdie tipe kak lê nie juis na aan my hart nie, so ek worry nie veel nie. Die een ding wat ek wil weet is of as hulle nie hierdie bailout plan deur voer nie, gaan hulle ekonomie bietjie kak optel en die doller verswak teenoor die rand? (Asb, enige iemand, even jy Charles, verduidelik my!) Ek het my oog op n paar goedjies daar op Ebay, sowel as n paar ander websites. Wat moet gebeur sodat ons een rand vir een dollar moet betaal? Ek weet ons land doen ook nie juis te goed op die oomblik nie, maar dit lyk wel of ons nie so diep in die kak is soos die US nie. Hulle president lyk wel of die probleme met sy land hom pla en dat hy iets daaran wil doen, anders as in ons land. Hier gee niemand n fok om nie! Solank hulle almal (Daai hele ANC gespeis) net hulle sakke vol geld kan prop en alles moontlik doen om die Scorpions van hulle af te hou! Wie sal nou worry? Ek vir een gee weereens nie n fok om nie! Elke aap kry sy dag! En ek fokken wens hulle stig nog n party om te kompeteer met die ANC. Ek sal vir enige iemand stem wat teen Zuma en sy goof troop staan! Ai, ek like hom fokol! Even sy gevreet is vir my dodgy. Hy lyk vir my net soos n skelm.
Op n ligter noot, ek vertrek more Aardklop toe en is quite exited! Hou vas julle hoede, want hierdie gaan n wille ride wees!
Monday, September 29, 2008
~
So ek en my vriend Charles sien nooit eye to eye waneer dit kom by basies enige iets nie. Ons volg altwee die Amerikaanse verkiesing of campaigns, en ons sit altyd ietsie op die spel. Charles is n Republican- en ek is n Democrat supporter. Die vorige verkiesing het hy my bietjie genaai met daai George Bush, en ek moes toe my R100-00 betaal. Hierdie jaar is dit R200-00 en ek dink ek staan n goeie kans want...
Friday, September 26, 2008
~
As iemand weet waar ek n decent copy van Pam en Tommy Lee se sex tape kan kry, sal ek dit opreg wardeer. Ek is seker die enigste ou wat dit nog nooit gesien het nie en dit voel vir my of ek op iets uit mis!
As n klomp mans bymekaar kom en om die vuur staan met n bier in die hand, daan volg conversation gewoonlik in hierdie volgorde:
- Sport - Sluit in rugby, krieket en gholf. As daar ouens is wat oor tennis wil praat, dan weet jy sommer dadelik hulle is gay, of hulle gaan een of ander tyd uit die kas uit klim. Ouens wat oor F1 praat is net plain weg fucked up, want dit is nie n regte sport nie. (En gholf is n regte sport, moenie dat Christo jou anders vertel nie!)
- Sex - Dit sluit nou in hoe baie jy die Vrydag aand movie op E-tv like. Dan gaan dit gewoonlik oor wat se pop ster of movie ster jy graag wil pomp, want niemand kan so lekker pomp soos jy nie! Jy is elke vrou se droom, hulle weet dit nog net nie! Dan praat ouens gewoonlik oor Paris Hilton se sex tape en hoe awesome dit was. Dis nou hier waar ek die hele Pam en Tommy Lee ding wil opbring. Paris is nou al bietjie afgesaag! Of miskien daai Kardashian chick. Sy is ook nogal lekker, maar bietjie dik in die gat!
So daar het jy dit. Sport, sexs, n koue bier en n braaivleis vuur...
Thursday, September 25, 2008
~
So braai dag het gekom en gegaan. Ek het n lekker stukkie steak geeet, n paar koue Amstels gedrink en lekker saam goeie vriende gekuier! Dit was befok. Die feit dat ek al 8 uur gister in die aand was besig om n kopseer te remedy, het bewys dat dit n suksesvolle dag was! Vandag voel ek uitgeput en lus vir fokol! n Mens sien so uit na n vakansie dag, en daarna is dit net weer soos n Maandag en n mens sukkel om spoed op te tel. Ek is darem op verlof volgende week Donderdag en Vrydag en ek gaan bietjie Aardklop toe! Ek sien nogal uit daarna.
Ek was so 3 jaar terug (Mag dalk meer of minder wees, nie seker nie) daar gewees en het n goeie tyd gehad. Ek het die grootste artappel geweer ooit gesien. Daai ding was so lank soos n mens! Ek moet sê tussen al die booze en drugs deur het ek nie veel van n kulturele ondervinding gehad nie. Ek het net so stukkie van n Springbok Nude Girls show gesien, en dit was van agter af uit die parking lot uit! Daar was ook n paar Duitse uitruil studente wat ons lekker kak gegee het. Om een of ander rede like niemand die woord Hitler in Duitse geselskap nie.Verder as dit het ons een keer die “kamp terrein” verlaat om te gaan swem by die kampus swembad. Hierdie jaar gaan ek ding anders doen. Minder drink en meer shows check! (Ek hoop so! Ek hoop nie ek is nou weer besig om almal n vet poep te voer en sommer so publicly te lieg nie!)
Ek moet nou gaan, voel of daai Amstels nou n comeback wil maak, as jy weet wat ek bedoel….
Rrrt!
Tuesday, September 23, 2008
~
Monday, September 22, 2008
~
~
My fok, dis alweer Maandag! Ek sweer, as Woensdag nie n vakansie dag was nie, sou ek seersekerlik in my broek gekak het! Ek sien net nie meer kans vir n 5 dag week nie! Ek sien nogal uit na Woensdag., ek is lus vir n stukkie braaivleis. Ek is obviously ook lus vir n paar biere! Wel, nie n paar nie (Want n paar is net 2) maar n hele klomp! En dalk bietjie brannas. Ek het lanklaas brannas gedrink. Ek is nogal bang vir brannas want dit bring die hond in my uit maak my super jags. As ek brannas drink word ek gewoonlik saam n ander hond wakker, en dit is nooit lekker nie. Ek wens die bitches wil net leer om nie die papiersak van hulle koppe af te haal voor hulle my huis verlaat het nie. Party van hulle kan net sowel die ding permanent op hulle koppe hou, want van daai bakkies kan die kinders nagmerries gee! Anyway, dis nou maar wat brannas doen. Anyway, sien julle almal Woensdag by die river vir ons jaarlikse braai en lag dag. Bring jou bakkie en n lang tou, koue bier en jou warm vrou!
Thursday, September 18, 2008
~
O my fok, ek dink ek is besig om te frek! Ek het n vet babalas en n seer lyf vandag. Gee my n oomblik om beter te verduidelik.
Gister aand het ons weer ons jaarlikse social netball afgeskop. Dit was baie lekker. Alhoewel ek 3 mense in my span gehad het wat nog nooit netball gespeel het nie, het almal hulle weight gepull en ons het n ordentlikke can of whupass oopgemaak! Ons het die ander span opgefok met 17 doele teenoor 2! Ek moet sê die ander span was n klomp dikgatte, maar hulle het definitief die physical deel gewen. Die bloed het geloop uit my spanmaats uit! Daarna het ons gaan celebrate tot 3 uur vanoggend. Ek praat onder korreksie, want ek was lekker geblaas en ek het nie oor tyd geworry nie. So ek neem maar aan die stories wat ek hoor is waar. Dis nou hoekom ek vandag super kak voel. Ek kry nou ewe skielik sommer n pyn in my voorarm van al hierdie tik ook! Anyway, laat ek bietjie gaan rus en mentally prepare vir volgende week se onslaught….
Wednesday, September 17, 2008
~
Jammer dat ek so lank gevat het, was bietjie besig met werk! Ja, ek weet, kak verskoning. Die feit dat ek n nuwe meisie het en haar elke oomblik van elke dag moet sms, vat ook nogal baie tyd op. Dit, die boeke wat ek lees en my PS3! Ek sal hopenlik binnekort n gesonde balans kan handhaaf. Anyway, om terug te kom na die meisie ding toe. Ek en die girl sien mekaar al seker vir so maand en ons doen alles soos wat mense in n verhouding dinge doen. Sy is rerig baie cool en ons het daai connection. Die naweek word ek toe gekonfronteer deur haar en daar word vir my gevra of ek dink ons n verhouding het, en of dit maar net n casual ding is. Ek was stomgeslaan! (Seker omdat ek nie gedink het sy gaan agter kom hoe casual tipe ou ek is nie!) Duidelik is daar n boek of n klomp reels en regulasies daar buite waarmee ek nie familiar is nie en wat elke liewe vrou al gelees het! Lang storie kort, ek het belowe om nog meer te sms en te bel (want duidelik is 12 ure van n dag nie genoeg nie) en om oor die algemeen myself meer positief aan te wend in hierdie verhouding. Met ander woorde, ek kon maar net sowel my siel aan die duiwel verkoop het. Wat n man darem nie alles sal doen vir n stukkie ass nie...